Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kollig met Jaco Strydom | Stories, nagstukkies en doegongs

Hy is al lankal gefassineer deur die doegong, ’n rare en misterieuse seedier van die Ooskus van Afrika. So vertel predikant en skrywer Jaco Strydom wat pas sy eerste storieboek, Daka, gepubliseer het.

Hy het hierdie soogdier, wat verbind word met die legendes oor meerminne, ingebring as ’n mistieke element in sy fiksiedebuut, vertel die NG dominee wat reeds verskeie geestelike boeke agter sy naam het. Dit is ’n storie van ’n ou se worsteling, ook met wat geloof is, terwyl hy deur ’n baie moeilike tyd gaan en dan iets ergers doen en moet wegraak.

So vertel hierdie skrywer wat glo stories help ons om goed raak te sien en dat die Christelike lektuur kan doen met meer honesty soos wat ’n mens kry in die Bybel. Meer “nagstukkies” saam met al die dagstukkies.

Helene Meissenheimer gesels vir Kollig met predikant en skrywer Jaco Strydom oor die waarde van stories en hoor ook van doegongs en die Bybel se nagstukkies.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top