Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Wat is die Bybelse argument vir of teen die erkenning van verbintenisse tussen mense van dieselfde geslag? André Bartlett se standpunt.

Grenselose genade | ’n Vernuftige en wyd belese blik op genade


Grenselose genade

Deur Chris van der Merwe

Uitgewer: Penguin Random House, 2024

Resensent: Carli Fourie

Die opvallende andersheid van die woord “Grenseloos”, eerder as “grensloos” in die titel van Grenselose genade dui op die verrykende leeservaring uit die taalkundige pen van prof Chris van der Merwe.

Bekende teologiese name wat jy in aanhalings en verwysings in hierdie boek sal raaklees, is onder andere Dietrich Bonhoeffer, CS Lewis, Jürgen Moltmann, Philip Yancey, Walter Brueggemann, Hans Küng en vele meer.

Van der Merwe se Grenselose genade slaag daarin om ’n ingewikkelde konsep soos genade op ’n relevante manier te verduidelik. Hierdie boek is daarom vir enigeen wat onbeantwoorde lewensvrae en geloofsvrae het, of wat wonder oor gewilde Bybelse konsepte.

Grenselose genade lig geloofshoogtepunte uit wat die leser opnuut opgewonde kan maak vir ’n lewe van betekenis. Van der Merwe gebruik sy taalvernuf en wyd belesendheid van verskeie temas om die grensoorskrydende aard van genade en hoe dit die lewens van individue en gemeenskappe positief kan beïnvloed te beklemtoon. In hierdie boek gebruik hy ’n kombinasie van persoonlike ervarings en breë sosiale insigte om ’n omvattende en aangrypende blik op die menslike toestand te bied.

Die boek is nie net ’n studie van genade as ’n teologiese konsep nie, maar ook ’n praktiese gids wat wys hoe hierdie beginsel in die alledaagse lewe toegepas kan word. Dit is ’n inspirerende boek wat die leser aanmoedig om die krag van genade te omhels, om ’n toegewyde deurleefde geloof in afhanklikheid van God te leef en dit bied hoop vir diegene wat met lewensuitdagings sukkel.

Beskikbaar by LAPA.

Ds Carli Fourie is ’n predikant by NG Montana in Pretoria.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top