Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Brief: Hoor Siya se oproep!

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Henrietta Klaasing van Randfontein skryf: Siya Kolisi het ’n kragtige boodskap na die Springbokke se oorwinning oor die All Blacks afgesluit met die woorde dat SA 30 jaar van vryheid vier, maar dat ons volgende viering vir vroue moet wees wat vry is van geslagsgebaseerde geweld.

So gepas op die laaste dag van Augustus, Vrouemaand en met die wrede moord op Deveney Nel nog vars in die geheue! Die tempo waarteen vroue in hierdie land deur intieme maats vermoor word, is vyf keer hoër as die wêreldgemiddeld, met ’n vrou wat elke drie uur vermoor word. Daar word beraam dat meer as 40% van Suid-Afrikaanse vroue in hulle leeftyd verkrag sal word en dat slegs 1 uit 9 verkragtings aangemeld word. Daar word ook geraam dat slegs 14% van oortreders van verkragting in Suid-Afrika skuldig bevind word. Met 10 818 verkragtingsake wat in die eerste kwartaal van 2022 aangemeld is, word Suid-Afrika as die verkragtingshoofstad van die wêreld beskou.

Wat ’n skande! SA leiers, luister na Siya se pleidooi!

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top