Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kollig | ‘Ek het amper doodgegaan … ’ – vrou wat sewe jaar op straat geleef het, vertel

“Die mens wat ek nou in die spieël sien, is nie dieselfde mens voor ek dwelms begin gebruik het nie. Sy is sterker. Meer determined … ek glo dit is God wat my geplaas het waar ek nou is,” vertel Elize Felton (47) wat tot so onlangs as ’n paar maande terug nog gebly het in ’n hokkie onder ’n brug in Bellville in die Kaap. Haar blyplek vir sewe jaar na slegte goed in haar lewe gebeur het en haar huwelik uitmekaar geval het. Dit het gevat dat sy amper doodgegaan het voor sy hulp gaan soek het en so uitgekom het by MES se Safe Space in Durbanville, ’n plek wat mense soos sy help om hulle menswaardigheid terug te vind.

10 Oktober is Wêreldgeestesgesondheidsdag én Wêreldhaweloosheidsdag. Daarom is hierdie die eerste van twee onderhoude wat Kollig dié maand by MES gedoen het. Luister gerus ook volgende week na die opvolggesprek met ’n maatskaplike werker wat meer vertel oor die sielkundige skade wat mense opdoen wat jare lank op straat lewe.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top