Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Brief: Drie vrae aan die Algemene Sinode

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Theo Badenhorst van Brackenfell skryf: Ek reageer op Arnold Griesel se brief van 2 Oktober 2024. Hy noem 3 leerstellige sake waaroor die Algemene Sinode nie duidelikheid het nie, vir my kardinale sake:
1. die liggaamlike opstanding van Christus
2. die maagdelike geboorte van Christus
3. die bestaan van die duiwel
Ek wil vra of die Moderamen van die Algemene Sinode op hierdie drie punte onomwonde bevestigend kan antwoord. Daar kan gesê word dat daar verskillende opinies in die kerk oor hierdie sake bestaan. Maar die vraag is: Wat bely die kerk, by monde van die Algemene Sinode van die Ned Geref Kerk? Afgesien van ander opinies, wat bely die kerk? Dit sal baie se posisionering teenoor die Algemene Sinode bepaal.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top