Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Henrietta Klaasing van Randfontein skryf: Op 5 November 2024 was dit 30 jaar na die moord op prof Johan Heyns. Op 27 Junie 1987 het 30 000 lidmate die NG Kerk verlaat, tesame met ’n honderdtal predikante, om ’n Protestantse kerk vir blanke Afrikaners te stig, terwyl prof Heyns moderator van die NG Kerk was. Volgens ’n huldigingsartikel van PG Meiring (Verbum et Ecclesia,1994) het Heyns hom hierdie “skeuring in NG Kerk-geledere geweldig aangetrek”. In ’n sekere sin het hy verantwoordelik gevoel – “it happened under his watch”.
Nou beleef die NG Kerk selfs ’n groter krisis waar talle gemeentes en derduisende lidmate hulle ongelukkigheid wys deur dolering, opskorting van verband met die Algemene sinode en selfs deur losmaking van die NG Kerk. Die vraag is: Is daar dieselfde mate van ’n gevoel van ontsteltenis en aanspreeklikheid as wat Heyns gehad het by die huidige leierskap oor hierdie ernstige verdeeldheid?
Dit is ʼn baie goeie vraag. Daar word probeer om vure dood te slaan sonder om eerder te begin by die oorsaak. In dié geval, waar is die oorsprong: by mense wat skrifgetrou is, of hulle wat ʼn ander Skrif wil voorhou, hulle wat teer op onskuldige weerlose mense.