Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Kortliks: Chris van Wyk tree uit pos, R107 000 gesteel ná oesfees in Vrystaat, Dreyer lei nuwe interkerk-werkgemeenskap

Met die onlangse vergadering van die Algemene Sinode Moderamen was dit in ’n verrassende wending dr Dewald Davel wat namens afgevaardigdes uit Oos-Kaapland terugvoer gegee het tydens die gebruiklike verslagdoengeleentheid deur elkeen van die moderators van die NG Kerk se tien samestellende streeksinodes. Dr Chris van Wyk (argieffoto hierbo) het by navraag oor sy afwesigheid by die vergadering (in Benoni op 29-31 Oktober) gesê: “Ek het bedank uit my pos as voorsitter (van die streeksinode). Die verskille rondom die hantering van selfdegeslagverhoudings in die praktyk van die sinode (NG Kerk in Oos-Kaapland) het te groot geraak tussen my en die dagbestuur. Ek kon nie langer met ’n goeie gewete voortgaan nie.”

Roof in die Vrystaat

Die NG Kerk in Afrika op Parys in die Vrystaat het sowat R107 000 bymekaar gemaak tydens ’n groot oesfees, het dr Leon Foot in ’n kort streeksverslag aan afgevaardigdes by die NG Kerk Algemene Sinode Moderamen se vergadering vertel. “Voordat hulle dit kon bank, word dit beroof.”

Kerkwees 200: Verlede, hede en toekoms

’n Werkgemeenskap vir Historiese Teologie (WHT) is op 6 November in Pretoria gestig tydens die 200-jaar-herdenking van die eerste sinodale vergadering in Suid-Afrika. Die doel van die WHT is navorsing en publikasie op die terrein van teologiegeskiedenis, kerkgeskiedenis, sendinggeskiedenis, dogmengeskiedenis asook kerkreg en ekklesiologie, het prof Wim Dreyer van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, gesê tydens ’n driedagkonferensie oor die tema “Kerkwees 200: Verlede, hede en toekoms”. 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top