Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

As ons as dissipels van Christus funksioneer, sal ons weer die klanke hoor van Handelinge 5:13: “… die volk (het) hoë agting vir hulle gehad”.

Brief: Ons belydenisskrifte oor kindernagmaal

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


Henrietta Klaasing van Randfontein skryf: Wanneer onnadenkende, dikwels onomkeerbare besluite geneem word, het my wyse pa van “o gaats!”-besluite gepraat – veral as daar onverwagse negatiewe gevolge is op hierdie besluite. So klink dit my, was die sogenaamde Roetemerker-besluit van 2023 rakende onder andere kindernagmaal (soos uitgewys deur ds Theo Danzfuss, in Kerkbode) ’n “o gaats”-besluit. 

LEES OOK | Roetemerkers: Opwinding én kommer langs die kerk se weg met nuwe manier van dink oor lidmaatskap en belydenis

Oor en oor word daar gesê dat die NG kerk ’n belydeniskerk is (bv ds Nelis Janse van Rensburg in ’n video 28 Julie 2021). Het die Taakspan Roetemerkers in ons belydenisskrifte gelees wat daar geskryf staan oor die Nagmaal? Meer nog, wat in die Skrif staan, want die belydenisskrifte is gegrond op die Woord? Paulus gee in 1 Korintiërs 11 verse 27-28 voorskrifte oor die Nagmaal en maan teen ’n ongepaste deelname aan die Nagmaal. In navolging daarvan lees ons in artikel 35 van die NGB dat niemand na die Nagmaalstafel behoort te gaan as hy homself nie eers deeglik ondersoek het nie, sodat hy nie tot sy eie oordeel eet en drink nie. Vraag 81 van die HK vra: “Wie moet na die Nagmaalstafel van die Here kom?” En gee dan die antwoord: “Hulle wat vanweë hulle sondes ’n afkeer van hulleself het, maar tog vertrou dat dit hulle om Christus wil vergewe is en dat die swakhede wat nog oor is, met sy lyding en sterwe bedek is; en die wat ook begeer om hulle geloof hoe langer hoe meer te versterk en hulle lewe te verbeter”. 

Die Gereformeerde benadering was histories nog altyd ’n “geslote” Nagmaalstafel. Dit beteken dat daar voorwaardes vir toelating tot die Nagmaal is. ’n Persoon moet geloof in Christus bely en moet homself ondersoek- dus behoort niemand daarheen te gaan as hy homself nie eers deeglik ondersoek het nie sodat hy nie tot sy eie oordeel eet en drink as hy van die brood eet en uit die beker drink nie (1 Kor. 11:29). Selfondersoek behoort dus eerste te kom, en mens kan dit kwalik van jong kinders verwag. Omdat jong kinders nie hulself kan ondersoek of die tekens kan onderskei nie, kan hulle nie deelneem nie, totdat hulle ’n geloofwaardige geloofsbelydenis kan maak. Genadiglik is daar nog behoudende gemeentes wat soos altyd daarby bly dat jong mense eers belydenis van geloof aflê voordat hul aansit by die Nagmaalstafel.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

1 thought on “Brief: Ons belydenisskrifte oor kindernagmaal”

  1. Philip Coetzee

    Ek stem volkome met Dr Klaasing saam oor die skriftuurlike opvattings en voorskrifte vir die gebruik van nagmaal.. Ek wil dan net onomwonde die volgende vraag stel: watter rol speel bekering in die gebruik van die nagmaal as soveel kinder nog nie die proses van bybelverstaan onder die knieg gekry het nie?

Comments are closed.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top