Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kollig | ‘Skielik stap jy uit met ’n ‘ons’ storie’ – Braam Hanekom oor 100DorpeDialoog

Trauma, bitterheid en seer onverwerkte gevoelens lê onder die vernis van elke gemeenskap in Suid-Afrika. Dan gebeur daar ’n insident, soos gebeur het in Senekal in 2020, en bars die hele ding uit.

Dit is een van die grootste lesse wat hy geleer het met die 100DorpeDialoog-inisiatief, vertel dr Braam Hanekom, direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis, ’n projek van die NG Kerk, VGKSA en Reformed Church in Africa se eenheidsbediening, Getuienisaksie.

Hy vertel hierdie inisiatief met die doel om sosiale kohesie, soos hy dit verwoord “menskapitaal”, te bou het hom en sy span in die laaste sowat ses jaar geneem na meer as 70, selfs dalk soveel as 80 dorpe en gemeenskappe. Van Stellenbosch tot Atlantis. Van Graaff-Reinet tot Van Wyksvlei en selfs sover as die myngemeenskap van Witbank (eMalahleni deesdae) op die Hoëveld van Mpumalanga.

Daar was ook al drie streeksdialoë in samewerking met die Duitse Konrad-Adenauer-Stiftung.

Dié projek het vir hom gewys watter mooi stories kan begin ontvou wanneer mense van ’n gemeenskap, wat nie met mekaar praat nie, vir een dag of aand ’n kamer deel en begin praat oor uitdagings wat almal raak en hoe hulle dit saam kan aanpak.

Lees meer: 100 Dorpe Dialoog bring gemeenskap byeen in Beaufort-Wes

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top