Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Predikantspos (onbepaalde termyn)
Sluitingsdatum: 21 Februarie 2025.
Die NG Gemeente Elliot is ’n volhoubare plattelandse gemeente met 170 belydende en 40 dooplidmate. Die dorp is aan die skilderagtige voetheuwels van die suidelike Drakensberg geleë en word deur paaie van goeie gehalte bedien. Landbou (wol, vleis en saai) en toerisme is belangrike ekonomiese aktiwiteite.
Die predikant is ’n gelegitimeerde wat verantwoordelik is om oorhoofse geestelike leiding te neem en die take soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde uit te voer. Die doel is dat Jesus Christus toenemend in ons lewe en dié van ons gemeente gestalte aanneem. Die gemeente is betrokke by die gemeenskap. Van die leraar word verwag om goeie verhoudinge te handhaaf en self ’n geloofwaardige dissipel van Jesus te wees.
Vergoeding en voordele: Vergoeding word in terme van die sinodale riglyne onderhandel. ’n Ruim pastorie met water en ligte en ’n kommunikasietoelaag word ook gebied.
Diensaanvaarding: 1 Mei 2025 of so spoedig moontlik daarna.
Aansoeke: Stuur ’n CV met drie referente na ngkelliot@gmail.com. Sluit ook ’n dekbrief in waarin u ons help om die mens agter die feite en gegewens van die CV te leer ken. Lig u benadering tot die bediening toe en vertel ons meer hoe u gevorm is. Dui ook u gawes en prioriteite vir die bediening aan.
Navrae:
Hannes Muller, sel 083 609 3943, e-pos hannesmuller8@gmail.com
Fanie van Biljon, sel 072 798 7635, e-pos calabuildit4@gmail.com
Die gemeente behou die reg voor om die aansoek nie noodwendig uit die aansoekers te vul nie.
