Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Tukkies het op 8 Mei die kanseliersmedalje aan die joernalis Neels Jackson (regs) toegeken vir sy bydrae tot kerkjoernalistiek. Foto: Christo Lombaard

Elders gesien: Neels Jackson en Christina Landman deur Tukkies vereer


Die teoloog en skrywer Christina Landman het vandeesweek tydens ’n geleentheid by die Universiteit van Pretoria (UP) ’n eredoktorsgraad ter erkenning van haar omvangryke akademiese loopbaan ontvang, terwyl die kanseliersmedalje aan die joernalis Neels Jackson toegeken is vir sy bydrae tot kerkjoernalistiek.

Neels Jackson aan die woord. Foto: Verskaf

Jackson, ook ’n voormalige redakteur van Kerkbode, het vir meer as 23 jaar by Beeld gewerk en vir die meeste van sy loopbaan oor kerksake berig. Jackson, ’n alumnus van dié universiteit, is afgetree maar skryf nog gereeld op vryskutbasis oor veral die NG Kerk. Hy het ook verskeie boeke geskryf, waaronder Drie dekades van verandering – Die NG Kerk se pad na verruiming.

Landman is eweneens ’n produktiewe skrywer en rubriekskrywer en het in 2023 ’n outobiografie by Lux Verbi gepubliseer. Laasgenoemde is “die pakkende verhaal van ’n dominee, dosent, ma, navorser, narratiewe terapeut, rubriekskrywer, historikus van mondelingse oorvertellings … Iemand wat deur haar lewe, soos die digter Rainer Maria Rilke ons almal aanmoedig, haar vrae gelééf het en nou haar insigte met vernuf en waagmoed deel,” het Kerkbode in ’n resensie geskryf.

Lees meer oor dié universiteit se gradeplegtigheid: UP helps almost half of autumn graduates to achieve their academic dreams

 


Uit die argief: Hieronder is ’n onderhoud met Neels Jackson toe hy in 2019 die leisels by Kerkbode aan sy opvolger oorgegee het.

 

 

 

 

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top