Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature vir Jeug- en Familiebediening:
Diensleraar of predikant (drie jaar bepaalde termyn)
Die NG gemeente PE-Sherwood, ’n voorstedelike gemeente in Nelson Mandelabaai, nooi gelegitimeerdes van die NG Kerk uit om aansoek te doen vir ’n termynbepaalde pos gerig op jeug- en gesinsbediening. Die aanstelling ressorteer binne die raamwerk van ’n diensleraar.
Gemeenteprofiel
Sherwood is in ’n groeiende voorstad met ’n groot hoeveelheid jonger gesinne geleë. Die groter omgewing beskik oor goeie laer- en hoërskole, met groot winkelsentrums.
Ons gemeente het oor die afgelope drie jaar goeie vordering met ons bediening aan kinders, jongmense en jong ouers gemaak. Ons wil hierdie bediening versterk en ons gemeenskap met die evangelie bereik. Daarom skep ons hierdie bykomende pos.
Posvereistes
Die posbekleër is ’n volgeling van Jesus Christus wat ons help om die evangelie uit te leef en te groei in ons geloof.
Die pos funksioneer in vennootskap met die bestaande predikant en versterk so die gemeente se vermoë om kinders, jongmense, jong volwassenes en jong ouers in die bediening te bereik.
Hy/sy is sosiaal vaardig en bring mense bymekaar, vorm netwerke, betrek vennote in die gemeenskap en sien geleenthede om te dien raak.
Die volgende fokuspunte is van belang:
- Bou verhoudings.
- Toerusting van kinders en jongmense om saam met ons in ons geloof te groei en ander te bedien.
- Bemagtig leiers betrokke by die bediening.
- Betrokke by aktiwiteite soos die familiediens, ander eredienste, jeugbyeenkomste, kampe en vakansieprogramme.
- Bou verhoudings met skole en ander vennote in die bediening.
- Benut nuwe tegnologie en virtuele kommunikasie.
- Spanwerk.
- Mede-verantwoordelik vir die administrasie van die jeugbediening.
- Relevante vergaderings bywoon en insette lewer.
Opdrag
Artikel 9 van die Kerkorde soos ooreengekom met die kerkraad, primêr gerig op jeug- en familiebediening.
Vergoeding
Volgens sinodale skaal, binne die raamwerk van TKVI vir diensleraars, en word vasgestel op R372 500 per jaar.
Aansoeke
Aansoeke bestaan uit ’n dekbrief wat motiveer waarom jy jouself binne hierdie pos by PE-Sherwood sien en ’n kort CV met die name van drie referente. Bykomend sal ons ’n bekendstellingsvideo waardeer.
E-pos aansoek aan: sherwood@ngkok.co.za
Aansoekers moet beskikbaar wees vir evaluering.
Sluitingsdatum: 6 Junie 2025
Diensaanvaarding: 1 Augustus 2025 of so gou moontlik daarna.
Navrae
Ds Barbara-Mari Jacobs, WhatsApp 084 900 6816.
Oudl Pierre Stoffberg, sel 082 940 0400, e-pos pierrestoffberg123@gmail.com
Oudl Jaco Laubscher, WhatsApp 084 586 8111, e-pos jaco.laubscherza@gmail.com
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit een van die aansoekers te maak nie.