Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

*Hierdie berig is deel van ’n 2025-innovasieprojek deur Bybel-Media in samewerking met Kerkbode. Ons gebruik soekenjin-data vir uitsoek van temas en ons (her)publiseer immergroen inhoud uit die Kerkbode-argief en ander betroubare bronne. Ons betrek ook Kunsmatige Intelligensie waar nodig by die redaksionele proses.

Wat sê die Bybel oor die duiwel en die Bose? 

Satan / Duiwel / Beëlsebul is benamings vir ’n figuur wat in die Bybel as die hoofteenstander van God en teisteraar van mense beskryf word. En die term “die Bose” kom tien maal in die Nuwe Testament voor. Hy is die hoofaanvoerder van ’n hele ryk met engele tot sy beskikking (Op 12:9).

 

“Satan” (Hebreeus) of “duiwel*” (Grieks: diabolos) beteken “(vals) aanklaer” of “teenstander”. Die term kom nie baie in die Ou Testament voor nie. Soms word mense “satan” genoem (“teenstanders” – 2 Sam 19:22), maar dit is Satan as onmenslike figuur wat belangrik is. Hy word geteken as beswadderaar (Job 1–2), aanklaer van God se dienskneg (Sag 3:1-2) en verleier van Dawid (1 Kron 21:1).

Wat sê die Nuwe Testament oor die duiwel?

In die Nuwe Testament kom hierdie figuur baie meer voor. “Satan” en “duiwel” word omtrent ewe veel gebruik. Hy word ook die “prins” of “god van hierdie wêreld” genoem. Hy voer ’n fel stryd teen God en is die groot versoeker van mense. Christus het Satan reeds oorwin, maar die finale vernietiging van sy ryk is nog uitstaande.

LEES OOK: Wat sê die Bybel oor die Heilige Gees?

Die betekenis van “Beëlsebul” as naam vir Satan is onseker, maar dit is waarskynlik “heer van die hemel/tempel”. Jesus se teenstanders gebruik dit as skeldnaam vir Hom (Matt 10:25) en sê dat Hy in Beëlsebul se naam demone uitdryf. Jesus wys egter op die belaglikheid daarvan (Matt 12:22-32). – HC van Zyl*

Wat sê die Bybel oor die Bose?

Die term “die Bose” kom tien maal in die Nuwe Testament voor, naamlik by Matteus / Mattheus, Johannes en Paulus. Dit is egter nie so maklik om vas te stel of daarmee die duiwel as persoonlike teenstander van God en verleier van die mense bedoel word, of eerder die onpersoonlike mag wat van die duiwel en die koninkryk van die duisternis uitgaan nie. Die twee moontlikhede hoef mekaar egter nie uit te sluit nie. Dit word redelik algemeen aanvaar dat daarmee na die persoon van die duiwel verwys word – vandaar die hoofletter in die 1983-Bybelvertaling. Dit sluit egter ongetwyfeld ook sy bose werk in van die versoeking en verleiding van mense tot sonde. – PC Potgieter*


* Hierdie inskrywings deur HC van Zyl en PC Potgieter het oorspronklik verskyn as deel van die elektroniese Christelike Kernensiklopedie (eCKE), die elektroniese weergawe van die gedrukte CKE wat in 2008 by Lux Verbi.BM in samewerking met Bybel-Media verskyn het. Bronne: https://ecke.co.za/satan-duiwel-beelsebul/ en https://ecke.co.za/bose/ 

*Hierdie berig is deel van ’n 2025-innovasieprojek deur Bybel-Media in samewerking met Kerkbode. Ons gebruik soekenjin-data vir uitsoek van temas en ons (her)publiseer immergroen inhoud uit die Kerkbode-argief en ander betroubare bronne. Ons betrek ook Kunsmatige Intelligensie waar nodig by die redaksionele proses. 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top