Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Hofmeyr: Leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraar (Vaste termynpos: Minimum twee jaar)

Sluitingsdatum: 30 Julie 2025.

Hofmeyr is ’n plattelandse dorp in die Oos-Kaap met 115 belydende en 24 dooplidmate. Die dorp is 63 km vanaf Cradock en 45 km vanaf Steynsburg.

Die gemeente wag vir aansoeke van ’n afgetrede leraar. Die gemeente verwag van die leraar om geestelike leiding te neem. Hy moet goeie verhoudinge handhaaf en self ’n geloofwaardige dissipel van Jesus wees.

Vergoeding en voordele:

Vergoeding is onderhandelbaar. ’n Gemeubileerde pastorie met elektrisiteit en water word voorsien.

Diensaanvaarding: 1 Oktober 2025.

Aansoeke: Stuur CV met drie referente in na hofmeyrngk@gmail.com. Sluit ook ’n dekbrief in waarin u ons help om die mens agter die feite en gegewens van die CV te leer ken.

Aansoekers moet beskikbaar wees vir evaluering.

NAVRAE: Charles Jordaan  Sel: 083 662 3485. E-pos: dekeur@breede.co.za

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top