Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Dries Coetzee van Vanstadensrus skryf: Twee bydraes in Kerkbode verwys.
Een bydrae vra of ons kunsmatige intelligensie kan en mag gebruik om preke voor te berei. Die klokhelder antwoord is: “Ons” kan. Ons is daartoe in staat. Die helder antwoord op die vraag of ons mag is “nee”.
LEES OOK: Kan en móét kunsmatige intelligensie (KI) ons preke maak?
En toe lees ek ’n volgende artikel oor ’n preekreeks oor eenheid in Christus wat deur ‘n taakspan ontwikkel is. Dit roep dadelik by my die vraag op: “Wat is die verskil?” Dit bly nog altyd ‘n preek wat nie opkom uit ‘n diep bestudering van God se woord nie.
Miskien moet ons albei modelle – KI en voorafontwikkelde preke – sien as deel van ons geestelik-emosionele en praktiese soeke na God se wil vir ons klein gemeentetjie op die diep platteland.
LEES OOK: Preekreeks: ‘Een in Christus’
