Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Tarkastad: Leraar (Vastetermyn kontrakpos)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraar (Vastetermyn kontrakpos)

Vastetermyn van twee jaar met die wedersydse opsie om die termyn te verleng.

Die gemeente Tarkastad is ’n klein plattelandse gemeente in die Oos-Kaap met 123 belydende lidmate en 25 dooplidmate.

Leraarsprofiel:

Ons wil graag hê dat die leraar wat beroep word na Tarkastad die volgende eienskappe sal openbaar:

  1. ’n Lewende, persoonlike verhouding met God Drie-enig.
  2. Mooi verhoudinge kan bou, alle mense met respek en liefde hanteer en die evangelie deur woord en daad verkondig.
  3. Goeie interpersoonlike vaardighede toon en gemaklik in spanverband funksioneer.
  4. ’n Hart vir die aktiewe bediening op die platteland met die doel om ’n verskil te maak in ons wyer gemeenskap.
  5. ’n Evangeliese hart en missionêre gerigtheid.

Werksprofiel:

  1. Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
  2. Geestelike leiding van die gemeente om die Here met oorgawe te aanbid.
  3. Dinamiese en aktuele prediking met klem op lof en aanbidding.
  4. Betrokkenheid by jeug- en gesinsbediening.
  5. Pastorale ondersteuning aan die gemeente en gemeenskap.
  6. Betrokkenheid by die gemeenskap, veral by Huis Tarka-aftreeoord.

Vergoeding en voordele:

Met die sinodale riglyne in ag geneem word ’n TKVI van R360 000,00 jaarliks aangebied, byvoordele ingesluit by pakket.

Belangstellendes moet die volgende elektronies aan ons voorsien by:

E-pos: ngktarkastad@gmail.com

  1. Aansoeke bestaan uit ’n dekbrief en ’n volledige CV.

Vertel ons in die dekbrief iets meer oor u lewensreis, asook aspekte soos: u roepingsverhaal, u bedieningservaring, wat u motiveer, areas waar u nog moet groei en hoe u konflik hanteer.

  1. Kontakbesonderhede van drie referente.

Sluitingsdatum: 31 Oktober 2025. (ontvangserkenning sal geskied op aansoeke ontvang).

Diensaanvaarding: 12 Januarie 2026 (onderhandelbaar).

 Vir enige navrae:

Gerrie Marais – 083 283 0373 (hoofouderling).

Nellmaré Rossouw – 079 710 4457 (finansiëlebeampte).

Die gemeente behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top