Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Vinnige feite | Die NG Kerk en plaaslike asook internasionale nood

Die amptelike persverklaring wat hieronder ingesluit word, is nie 'n nuusberig deur Kerkbode nie. Die persverklaring word in sy geheel hier gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk.

Die Algemene Sinode van die NG Kerk het ’n baie spesifieke fokus en  mandaat om in Afrika en in internasionale verhouding met ander kerke op te tree, verduidelik dr Nioma Venter, die Algemene Sekretaris van die NG Kerk. “So is daar uitgebreide  volwaardige bilaterale- of multilaterale verhoudinge, gedeeltelike verhoudinge, dialoogverhoudinge en  kontak verhoudinge met ander kerke, ekumeniese liggame en bedieningsnetwerke.

 

“Die Algemene Sinode staan ook in vennootskap met medewerkers soos die twaalf professionele  maatskaplike diensorganisasies wat direk aan die kerk verbind is. In die 2023/24 boekjaar was die  gesamentlike operasionele uitgawes van hierdie kerklike organisasies R 1 660 470 366. Dit sluit  dienslewering aan 751 283 kinders en families, asook 237 315 bejaardes wat in tehuise van die kerklike  organisasies versorg word in. Dit is onberekenbaar wat die verdere finansiële bydraes van gemeentes,  ringe, sinodes van die NG Kerk in die uitvoering van hierdie barmhartigheidswerk is.”

Vir meer konteks oor besluitneming in die NG Kerk rondom plaaslike en internasionale nood, lees die volledige verklaring deur Venter hieronder. – Red. 

Vraag&Antwoord_21Augustu2025
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

1 thought on “Vinnige feite | Die NG Kerk en plaaslike asook internasionale nood”

Comments are closed.

Scroll to Top