Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Buffelsrivier: Leraarspos

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Die kerkraad van NG Buffelsrivier wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.

Vakature: Leraarspos

Sluitingsdatum: 1 Desember 2025.

Gemeenteprofiel:

Buffelsrivier is ’n voorstedelike gemeente in Oos-Londen. Dit het ’n lidmaattal van 226 belydende lidmate en 31 dooplidmate. Die geloofsgemeenskap bestaan uit ’n diverse groep mense wat bejaarde afgetredenes en jong werkendes insluit. Die gemeente het twee preekpunte, naamlik weekliks ’n oggenderediens in Greenfields en een erediens per maand om 11:15 in Christmas Rock, sowat 35 km uit die stad uit. Dit geskied na die erediens in Greenfields. Die gemeente is hoofsaaklik daarop gerig om in verhouding tot mekaar te leef en daar is ’n gewilligheid om ’n verskil te maak in die gemeenskap. Die Woordbediening staan sentraal in die erediens en aanbidding en lofprysing word ernstig geneem. Die visie van die gemeente is: “Gedring deur die Heilige Gees na mekaar en ander om te gee en te dien”.

Leraarsprofiel:

’n Praktiese, dinamiese leraar/proponent met die visie en roeping om die Woord reg te sny vir ’n tyd soos hierdie, met ’n passie vir ’n diverse bediening – van jeug tot bejaardes. Iemand wat die ritme van die stad, die vinnige verandering van die omgewing kan navigeer. Wat “hands-on” hande kan vat met lidmate en hoop en drome kan bou. ’n Persoon wat die uitdaging van finansies kan vat, maar ook die uitdaging van ’n kleinerwordende Afrikaanse gemeenskap.

Pligte: Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding en voordele: Die vergoedingspakket is tot R390 000 pj of R32 500 pm en daar is ’n ruim pastorie met munisipale dienste beskikbaar.

Aansoeke: Aansoeke vergesel met ’n onlangse CV en drie referente moet gerig word aan: akleynhans@mweb.co.za

Diensaanvaarding: 1 Februarie 2026.

Navrae:

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top