Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Buffelsrivier: Leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van NG Buffelsrivier wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.

Vakature: Leraarspos

Sluitingsdatum: 1 Desember 2025.

Gemeenteprofiel:

Buffelsrivier is ’n voorstedelike gemeente in Oos-Londen. Dit het ’n lidmaattal van 226 belydende lidmate en 31 dooplidmate. Die geloofsgemeenskap bestaan uit ’n diverse groep mense wat bejaarde afgetredenes en jong werkendes insluit. Die gemeente het twee preekpunte, naamlik weekliks ’n oggenderediens in Greenfields en een erediens per maand om 11:15 in Christmas Rock, sowat 35 km uit die stad uit. Dit geskied na die erediens in Greenfields. Die gemeente is hoofsaaklik daarop gerig om in verhouding tot mekaar te leef en daar is ’n gewilligheid om ’n verskil te maak in die gemeenskap. Die Woordbediening staan sentraal in die erediens en aanbidding en lofprysing word ernstig geneem. Die visie van die gemeente is: “Gedring deur die Heilige Gees na mekaar en ander om te gee en te dien”.

Leraarsprofiel:

’n Praktiese, dinamiese leraar/proponent met die visie en roeping om die Woord reg te sny vir ’n tyd soos hierdie, met ’n passie vir ’n diverse bediening – van jeug tot bejaardes. Iemand wat die ritme van die stad, die vinnige verandering van die omgewing kan navigeer. Wat “hands-on” hande kan vat met lidmate en hoop en drome kan bou. ’n Persoon wat die uitdaging van finansies kan vat, maar ook die uitdaging van ’n kleinerwordende Afrikaanse gemeenskap.

Pligte: Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding en voordele: Die vergoedingspakket is tot R390 000 pj of R32 500 pm en daar is ’n ruim pastorie met munisipale dienste beskikbaar.

Aansoeke: Aansoeke vergesel met ’n onlangse CV en drie referente moet gerig word aan: akleynhans@mweb.co.za

Diensaanvaarding: 1 Februarie 2026.

Navrae:

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top