Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Port Elizabeth-Heideveld: Skriba

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Skriba

Sluitingsdatum: 31 Oktober 2025.

VEREISTES VIR DIE POS:

  • Kennis en ervaring van die funksionering van die kerkraad en gemeente.
  • Goeie taalvaardighede.
  • Sterk rekeningkundige ondervinding.
  • Rekenaarvaardig (MS Office, Winkerk-databasis).
  • Kennis van programme soos Canva nie verpligtend maar voordelig.
  • Goeie interpersoonlike verhoudings en organisatoriese vermoë.
  • Goeie administratiewe vaardighede.
  • Sperdatumgedrewe persoon wat fokus op detail, akkuraatheid en kliëntgerigtheid.
  • Moet deel vorm van ’n span en ’n professionele beeld van die gemeente handhaaf.
  • Moet gemaklik wees met ’n wisselende roetine en diverse take kan hanteer.
  • Die aard van die pos plaas ’n hoë premie op eerlikheid, konfidentialiteit en vetroulikheid.

POSBESKRYWING

  • Administrasie en prosessering van lidmaatregisters, databasis en ander kerklike dokumente. Koördinering van doopgeleenthede, roudienste, begrafnisse en belydenisafleggings.
  • Byhou van argiewe en gemeentedatabasis (Winkerk).
  • Kantooradministrasie en -funksies.
  • Lidmaatskakeling en algemene kantoorontvangs.
  • Volledige pligtestaat beskikbaar op aanvraag.

ALGEMENE VEREISTES

Diensaanvaarding: 1 Desember 2025 of so gou daarna.

Geldige bestuurlisensie en eie vervoer.

Kantoorure: Maandag tot Vrydag 08:00 -13:00.

Belangstellendes moet hulle CV met ten minste drie referente teen 31 OKTOBER 2025 per e-pos aan ds Roné Vosloo by rone.vosloo@gmail.com stuur.

NAVRAE: Ds Roné Vosloo 072 115 5607.

Kerkkantoor 041 371 2435 of ngheideveld@gmail.com

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.