Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Port Elizabeth-Heideveld: Skriba

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Skriba

Sluitingsdatum: 31 Oktober 2025.

VEREISTES VIR DIE POS:

  • Kennis en ervaring van die funksionering van die kerkraad en gemeente.
  • Goeie taalvaardighede.
  • Sterk rekeningkundige ondervinding.
  • Rekenaarvaardig (MS Office, Winkerk-databasis).
  • Kennis van programme soos Canva nie verpligtend maar voordelig.
  • Goeie interpersoonlike verhoudings en organisatoriese vermoë.
  • Goeie administratiewe vaardighede.
  • Sperdatumgedrewe persoon wat fokus op detail, akkuraatheid en kliëntgerigtheid.
  • Moet deel vorm van ’n span en ’n professionele beeld van die gemeente handhaaf.
  • Moet gemaklik wees met ’n wisselende roetine en diverse take kan hanteer.
  • Die aard van die pos plaas ’n hoë premie op eerlikheid, konfidentialiteit en vetroulikheid.

POSBESKRYWING

  • Administrasie en prosessering van lidmaatregisters, databasis en ander kerklike dokumente. Koördinering van doopgeleenthede, roudienste, begrafnisse en belydenisafleggings.
  • Byhou van argiewe en gemeentedatabasis (Winkerk).
  • Kantooradministrasie en -funksies.
  • Lidmaatskakeling en algemene kantoorontvangs.
  • Volledige pligtestaat beskikbaar op aanvraag.

ALGEMENE VEREISTES

Diensaanvaarding: 1 Desember 2025 of so gou daarna.

Geldige bestuurlisensie en eie vervoer.

Kantoorure: Maandag tot Vrydag 08:00 -13:00.

Belangstellendes moet hulle CV met ten minste drie referente teen 31 OKTOBER 2025 per e-pos aan ds Roné Vosloo by rone.vosloo@gmail.com stuur.

NAVRAE: Ds Roné Vosloo 072 115 5607.

Kerkkantoor 041 371 2435 of ngheideveld@gmail.com

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top