Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Kerk Kareedouw: Leraarspos

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature: Leraarspos

Die kerkraad van die NG Kerk Kareedouw wag in afhanklikheid aansoeke in vir ’n voltydse/deeltydse/bepaalde termyn/vaste termyn leraarspos.

GEMEENTEPROFIEL

NG Kerk Kareedouw is tussen die Kouga- en Tsitsikammaberge geleë, omring deur landerye en Kaapse fynbos wat die getrouheid van God se skepping weerspieël.

Ons gemeente is ’n Christelike geloofsfamilie met ongeveer 375 lidmate wat daarna streef om Christus se lig in die gemeenskap te laat skyn. Ons roeping is eenvoudig: ons wil ’n tuiste wees waar almal welkom is.

Kareedouw is sentraal geleë – net 48 km vanaf Humansdorp en sowat 65 km vanaf Jeffreysbaai – wat dit maklik bereikbaar maak, maar steeds die rustigheid en kwaliteit van plattelandse lewe bied. Ons beskik oor ’n laerskool en hoërskool op die dorp, wat dit ’n gesinsvriendelike dorp maak waar kinders veilig en voluit kan grootword.

LERAARSPROFIEL

Ons gemeente soek ’n leraar wat:

  • ’n Geesvervulde verhouding met die Here het en sy liefde uitleef.
  • ’n NG Kerk predikant/ diensleraar is wat alle ampspligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde moet nakom.
  • Wat sal tuis voel in ’n plattelandse omgewing waar persoonlike kontak hoog geag word.
  • ’n Goeie prediker is – relevant, Bybels gegrond (gereformeerde teologie) en in voeling met die gemeente.
  • ’n Hart het vir die wyer gemeenskap en die vermoë om ’n brugbouer te wees.
  • Met verskillende ouderdomsgroepe kan werk (kinders, jeug, jong volwassenes, manne, vroue en seniors).
  • Intuïtief is met mense uit diverse agtergronde en sosiale kontekste.
  • Lidmate wat afwesig of vervreem is, weer kan betrek en te laat tuis voel.
  • Gemeentegroei te kan stimuleer, veral onder die jong volwassenes (21-40 jaar).
  • Balans kan handhaaf tussen nuwe groei en die bestaande kultuur van die gemeente, sonder om mense te vervreem.
  • Inisiatief toon, proaktief optree en ander se sterk punte kan herken en benut.
  • Pastoraal ingestel is en sensitief kan onderskei waar en by wie ingryping of ondersteuning nodig is.

VERGOEDING

’n Totale pakket van R400 000 per jaar word aangebied, wat die volgende insluit:

  • Voordele met inagneming van sinodale beleid.
  • Reistoelae wat ingesluit is, sal onderhandel word volgens gemeentebeleid.
  • ’n Ruim pastorie word voorsien met gratis water en elektrisiteit.
  • Internettoegang in kantoor en pastorie word voorsien.

AANSOEKE

  • Aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV en kontakbesonderhede van drie onlangse referente. E-pos na ngkerk@ngkkareedouw.co.za
  • ’n Kort video van twee minute via WhatsApp na 082 652 8491 waarin u uself bekendstel en met ons deel waarom u vir die pos aansoek doen moet die CV vergesel.
  • Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud in Kareedouw en om PI-toetse (Predictive Index) af te lê op die gemeente se onkostes.
  • Rig aansoeke aan: Neels Scholtz – kantoorbestuurder.

Mignus Strydom – voorsitter van die beroepingskomitee.

  • Sluitingsdatum: 20 November 2025.
  • Diensaanvaarding: 1 Junie 2026 of daarna.

NAVRAE

Voornemende aansoekers wat meer inligting wil bekom kan vir Mignus Strydom (voorsitter van die beroepingskomitee) kontak by nommer 082 771 4581/ e-pos: onestop.accounts@gmail.com

Die kerkraad behou die reg om nie ’n beroep uit te bring nie.

Deur die indiening van hulle CV, gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing (Protection of Personal Information Act) deur NG Gemeente Kareedouw vir die keuringsproses gebruik kan word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top