Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar
Gemeenteprofiel:
Rietbron is ’n plattelandse, Karoodorp hier op die grens van die Oos- en Wes-Kaap. Ons gemeenskap word gekenmerk deur groot offervaardigheid in belang van die kerk en ander gemeenskapsinstansies en sowat 60 gesinne skakel in by die werksaamhede van die gemeente. Ons is lief vir die Here en ons wil graag ’n predikant na ons gemeenskap beroep om ons in ons diens aan Hom te begelei.
Leraarsprofiel:
- ’n Gelegitimeerde van die NG Kerk.
- Lief vir Jesus, lief vir sy Woord en lief vir mense.
- Stel belang in die boerdery-aktiwiteite van lidmate en besoek hulle graag aan huis.
- Die vaardigheid om multimedia tydens eredienste te kan gebruik word veronderstel.
Navrae:
- Kerkkantoor: Me Emmery Zietsman; ngrietbron@gmail.com, 079 383 4944.
- Diensverhoudings: Mnr Dolf Jansen van Vuuren; 082 967 5530.
- Leraar: Ds Kobus Eksteen; 084 244 4051.
Aansoeke:
Proponente, predikante en emeritii van die NG Kerk word genooi om aansoek te doen deur hulle CV, asook die name van drie referente na bogenoemde e-posadres te stuur. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag, 14 November 2025 en die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie. Alle aansoekers sal persoonlik gekontak word om ontvangs van hulle aansoeke te erken.
Vergoeding: ’n Pakket van R300 000 per jaar, TKVI, word aangebied. ’n Pastorie en gemeentevoertuig is bykomend tot die TKVI tot die leraar se beskikking.
Aanvangsdatum: Januarie 2026 of so spoedig moontlik daarna.
