Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Kerk Albanie: Voltydse leraar

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature: Voltydse leraar

Jou roeping van toewyding aan diens en bediening wag in die hart van die Oos-Kaap. Kom dien saam met ons in Makhanda (Grahamstad) en Riebeek-Oos.

Die NG Gemeente Albanie soek ’n dinamiese, lewenslustige leraar om ons geloofsfamilie te lei en saam met ons te groei in diensbaarheid en geloof. Ons leraar moet ons gemeente se kernwaardes rondom Woordverkondiging, koinonia en diensbaarheid versterk en uitbou.

Ons omgewing:

  • Makhanda is ’n diverse dorp vol kultuur en geskiedenis.
  • Dit is die tuiste van talle skole en Rhodes Universiteit wat die dinamiek van onontginde jong energie bring.
  • Dit is die tuiste van die Nasionale Kunstefees en talle geskiedkundige monumente wat elemente van kultuur, musiek, drama en kreatiwiteit op ons voorstoep plaas.
  • Ons omgewing bied pragtige natuurskoon en plase en wildreservate omsoom die dorp.

Dit skep ’n diverse spektrum van bedieningsbehoeftes.

Ons is op soek na ’n leraar wat:

  • Passievol is oor lewensgerigte prediking en pastorale bediening.
  • Huisbesoek wat sinvolle verhoudings kan bou, prioritiseer.
  • Goed en openlik kan kommunikeer.
  • Leiding kan neem deur inisiatief.
  • Tegnologie kreatief kan aanwend.
  • Vereenselwig met die waardes van NG Gemeente Albanie.
  • God wil dien te midde van eietydse uitdagings om sy koninkryk saam met die gemeente te bou.

Ampspligte:

  • Entoesiastiese bediening in alle fasette van die gemeentewerk soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.
  • Passievolle Woordverkondiging.
  • Liefdevolle bediening wat bydra tot die positiewe groei van die gemeente.
  • Uitlewing van God se roeping.

Vergoedingspakket van R360 000 per jaar. (TKVI – geen pastorie).

Aansoekproses:

Stuur ’n volledige CV met persoonlike besonderhede en relevante verwysings.

Stuur ’n kort (3-5 minute) videoskets van jouself/gesin, jou bedieningsdroom, jou voorkeur bedieningstake in prioriteitsvolgorde en deel die redes waarom jy graag by NGK Albanie wil aansluit.

Aansoekers wat die kortlys haal, sal versoek word:

  • Om ’n proefpreek in te stuur, of om in persoon te preek.
  • Om beskikbaar te wees vir ’n onderhoud.

Aansoeke moet per e-pos gestuur word na: skriba@ngkerkalbanie.co.za

Sluitingsdatum vir die inhandiging van die volledige aansoek is 30 November 2025.

Diensaanvaarding: Onderhandelbaar.

Navrae: Voorsitter van die kerkraad: Marius Crouse sel: 083 409 5566.

Kerkkantoor: Mariëtte Barnardt 046 6224539 (Ma, Wo en Vr 09:00-13:00).

Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling uit die aansoeke ontvang, te

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top