Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Olyfdal, Meyerton: Leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraarspos

Die NG Olyfdal, Meyerton is besig om ons beskikbare lys van diensleraars, tentmaker-leraars, kontrakleraars en proponente uit te brei deur ons kriteria aan te pas:

  • Ouderdomsprofiel: 25-57 jaar.
  • Totale indiensnemingskoste: R30 000 (dertig duisend rand) per maand.
  • Kreatiewe, vernuwende denker, aanpasbaar en sensitief vir spiritualiteittipes en oneindig lief vir die Here en sy kerk.

Indien jy binne hierdie soeke jou roeping kan uitleef, stuur vir ons jou CV na:

ngolyfdal@gmail.com sodat ons meer inligting aan jou kan bekend maak, terwyl ons biddend voorberei vir ons opvolgende leraar, wat saam ons roeping teenoor mekaar en die wêreld uitleef in 2026 en verder.

Sluitingsdatum: 30 November 2025.

Volg ons erediens op Youtube: Ng Olyfdal

Indien u meer wil weet oor ons dorp Meyerton gebruik gerus die volgende skakel:

https://midvaal.gov.za/

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top