Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Vakature (Diensleraar): NG Gemeente Wellington-Oos 

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

NG GEMEENTE WELLINGTON-OOS

VAKATURE: DIENSLERAAR

Die NG Gemeente Wellington-Oos stel hiermee, in biddende afhanklikheid van God, ’n vakature bekend vir ’n jong en dinamiese aansoeker om die pos van diensleraar in die gemeente te vul.

 

Gemeenteprofiel: Die gemeente is geleë in die skilderagtige en vinnig groeiende Bolandse dorp Wellington. Die gemeente is 52 jaar oud en bestaan uit ongeveer 1 200 belydende lidmate en 400 dooplidmate. Een voltydse leraar sien tans om na die geloofsgemeenskap. ’n Sterk familie en missionêre gerigtheid, ondersteun deur die visie en missie, dring lidmate om ’n verskil in die wêreld te maak. Die gemeente is in ’n voortdurende proses van bedien-

ingsvernuwing en wil graag ’n diensleraar (jeug- en familiebediening) aanstel om die gemeente, saam met die voltydse leraar, te lei en te bedien.  

 

Ons visie: Wellington-Oos is ’n Geesvervulde gemeente wat, saam met ander, vir Jesus in die wêreld volg. 

 

Ons missie: Om mense aan Jesus te bind, om mense aan mekaar te bind en om onder leiding van die Gees ʼn verskil in die wêreld te maak.

 

Leraarsprofiel: 

Artikel 9 van die Kerkorde word beskou as die vertrekpunt vir die taakomskrywing.

  • ’n Lewende en passievolle verhouding met die Here.
  • Spesialisveld:  Effektiewe jeug- en familiebediening (ingesluit kategesebediening).
  • Medeverantwoordelikheid vir: 

o Begeleiding van lidmate om hul missionale identiteit in die gemeenskap te vind 

en te ontwikkel en om God se koninkryk in Wellington en die wêreld uit te bou.

o Strategiese leiding en vaardige bestuur van die gemeente.

o astorale versorging.

o Toerusting van lidmate deur die bevordering van dissipelmakende prosesse

o Skrifgefundeerde en dinamiese woordverkondiging.

  • Sterk aanvoeling vir kerkadministrasie en -organisasie.
  • Spanspeler wat gemaklik met mense van verskillende ouderdomsgroepe kan omgaan.

Vergoeding: Die vergoedingspakket (TKVI) wat aangebied word, is volgens sinodale rig-

lyne vir ’n Kerf-11 diensleraar aanstelling.  

Aansoeke: U aansoek moet ’n volledige CV en minstens drie referente met kontaknommers insluit. ’n Skakel na ’n onlangse aanlyndiens sal u aansoek versterk. Stuur asseblief u aansoek per e-pos aan: Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za 

 

Sluitingsdatum: 26 Januarie 2026.

Diensaanvaarding: 1 Junie 2026.

Navrae: Ds Cornis Botha (leraar) 078 973 3307.

Herman le Roux (voorsitter van pre-advies) 083 441 9455.

 

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit die aansoeke nie.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top