Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kollig-podsending | Vroue in leierskaprolle by die kerk – die gesprek bly relevant

Dit was nie “Die Kerk” wat haar meer as twee dekades gelede gekeer het om teologie te gaan studeer nie … Dit was sy sélf. Só vertel dr Nioma Venter in ’n gesprek oor vroue as leiers in die kerk.

Venter is algemene sekretaris van die NG Kerk en een van drie paneellede wat gesels het oor Skrifverstaan, hoe kerkwees lyk as ’n mens van mekaar verskil en hoekom hierdie onderwerp relevant bly. Saam met haar in gesprek is Lerisa Meyer, ’n gemeenteleraar van die NG Kerk in KwaZulu-Natal en vanaf die Hervormde Kerk, Tanya van Wyk wat ’n professor in sistematiese teologie is.

Die gesprek volg na aanleiding van besluite wat geneem is by die sinode van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (GKSA) op Potchefstroom in Januarie (Lees meer in Kerkbode) – maar is nie ’n indiepte-bespreking daarvan nie.

Luister gerus saam na 2026 se eerste episode vir Kerkbode Kollig, ’n reeks wat kerknuus met deernis en insiggewend wil bespreek.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top