Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Calvinia: Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar

Sluitingsdatum: 01 Maart 2026.

Calvinia is ’n dinamiese dorp op die platteland van die Noord-Kaap. Calvinia is die hoofdorp van die Hantam Munisipaliteit en beskik oor ’n uitstekende laerskool en hoërskool, hospitaal en mediese sentrum asook sportklubs, restaurante en winkels. Die Hantam is ’n landboustreek met hoofsaaklik veeboerdery en in ’n mindere mate lusern-, graan- en saadboerdery. Ons pragtige kerkgebou in ons middedorp, dien reeds sedert 1800 as ’n baken van God se genade.

ONS GEMEENTE

Hoewel die dorp in die Noord-Kaap val, is die gemeente deel van die Sinode van Wes-Kaapland. Die gemeente se visie is “Saam is ons beter” en ons wil graag, soos Jesus brûe bou na ons omgewing en die wêreld en daarmee ’n baken van hoop wees in die gemeenskap en oor gemeenskapsgrense heen. Die gemeente het ongeveer 550 lidmate en word deur een leraar bedien. Ons gereformeerde belydenis is vir ons baie kosbaar.

Die gemeente het ’n behoefte aan ’n uitgebreide bediening wat lidmate van alle ouderdomme sal insluit. Die tehuis vir bejaardes (Sorgvliet) val binne die gemeentegrense en word gesamentlik met ander kerke bedien. Die erediens is vir ons kernbelangrik en ons plaas groot klem op Bybelgetroue en aktuele prediking en gebruik multimedia soos dit funksioneel bydra tot die erediens as ontmoetingsgebeure. Die gemeente wil ’n familie wees waar almal welkom is en waar daar ook ruimte vir verskeidenheid spiritualiteite is. Ons bied graag aan lidmate die geleentheid om volgens hulle gawes betrokke te wees by die bediening.

Leraarsprofiel:

Die gemeente wag in biddende afhanklikheid aansoeke in vir ’n leraar wat aan die volgende profiel sal voldoen:

  • Artikel 9 van die Kerkorde as basis van die posvereistes.
  • Wat ’n gelegitimeerde predikant van die NG Kerk is.
  • Wat die Skrif as die onfeilbare Woord van God aanvaar.
  • Wat die bediening op die platteland en aan die boeregemeenskap as ’n roeping sal aanvaar.
  • Wat die eredienste op ’n dinamiese, kreatiewe en vernuwende wyse inrig.
  • Wat geestelik en emosioneel volwasse is met goeie kommunikasievaardigheid en die vermoë om verskillende standpunte te akkommodeer.

Traktement:

  • Volgens sinodale skale.
  • ’n Ruim pastorie en munisipale toelaag.
  • ’n Gemeentevoertuig.
  • Selfoon en gratis internettoegang.

Aansoeke:

Stuur aansoeke na die gemeentebestuurder (Sarina van Rhyn) per e-pos: ngkerk@hantam.co.za

Aansoek moet vergesel word van:

  • Opgedateerde CV (maksimum drie bladsye).
  • Kontakbesonderhede van ten minste drie onlangse referente.
  • ’n Kort motiveringsbrief (maksimum 300 woorde) wat die aansoek met betrekking tot die gemeentebediening ondersteun.
  • Skakels na twee onlangse opnames/uitsendings van preke.
  • Diensaanvaarding: 1 Mei 2026 (onderhandelbaar).

Kandidate wat oorweeg word, kan genooi word vir ’n preekbeurt en ’n onderhoud. Die pre-advieskommissie behou die reg voor om op eie inisiatief ook inligting aangaande die aansoeker in te win vir oorweging.

Navrae: Flip Augustyn – voorsitter van die kerkraad (083 4125114).

Francois Naudé – leraar (063 503 6909).

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.