Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Elders gesien | #imagine: Borg ’n tiener!

Op 28-30 Maart is dit weer tyd vir #imagine, een van Suid-Afrika se grootste Christelike jeug-bewegings. Hierdie interkerklike inisiatief bring sedert 2014 duisende tieners en jongmense jaarliks op verskillende plekke in die land byeen. In die Wes-Kaap is daar ’n paar groepe jongmense wat borgskappe benodig om een van vanjaar se saamtrekke by te woon berig VrydagNuus van 13 Maart 2026.

Die volgende vyf groepe vra bystand:

  1. Gamkavallei-gemeente (Beaufort-Wes) se groep van 18 tieners en 2 leiers benodig R12 000 vir vervoer en R4 000 vir kampkoste.
  2. Eersterivier se koor benodig T-hemde vir 42 tieners en leiers. Koste: R5 040. Die T-hemde kan met die borg se logo gedruk word.
  3. VGK Môreson (Oudtshoorn) se 30 tieners kort ondersteuning vir vervoer en kaartjietekorte. Koste: R9 000 + R12 000.
  4. Kayamandi (Stellenbosch) se tieners en leiers benodig vervoer. Koste: 24 × R380 = R9 120.
  5. Strand-gemeente se tieners benodig tente om te huur vir die kamp. Koste: 40 × R200 per persoon = R8 000.

Navrae: Marthé by jeug@kaapkerk.co.za 

Wat is #imagine?

#imagine is ’n interkerklike jeugbeweging wat deur 1974 se Jeug-tot-Jeugaksie* geïnspireer en vanuit die NG Kerk* geïnisieeer is. Dié jeugbeweging reël jaarliks verskeie groot saamtrekke op verskillende plekke in Suid-Afrika en Namibië. Die gedagte is om gelowige jong mense te help om hulle ’n nuwe soort gemeenskap in te dink (te imagine) waar hulle ’n verskil maak deur só te leef dat mense die beeld van God in hulle beleef. Jong mense wat sulke saamtrekke bywoon, leer ken ’n vorm van kerk waar ras, taal, kultuur en kleur nie belangrik is nie, maar waar die navolging van Christus mense oor grense heen aan mekaar bind en verbind. – Bron: Elektroniese Christelike Kernensiklopedie (eCKE)

Lees ook: ‘Ek gee terug want #imagine het my lewe verander’ – vertel een van vele jongmense wat verbeeldingryke ‘beweging aan die gang hou’

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top