- Hierdie kennisgewings is op 27 Maart 2026 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za.
BEROEP
Ds JC (Johannes) Els van Suikerbos na Uitenhage-Winterhoek; ds E (Erick) Zulch na Groote Kerk.
AANVAAR
Prop I (Ilsé-Mari) Coetzee na Pretoria-Garsfontein.
WES-KAAPLAND
BEROEP
Ds Erick Zulch is op 24 Maart na die NG Gemeente Groote Kerk beroep in ’n voltydse vastetermynpredikantspos. (Elizna van Duivenbooden, sekretaresse: NG Gemeente Groote Kerk, 26.03.2026).
OOS-KAAPLAND
BEROEP
Die kerkraad van die NG Gemeente Uitenhage-Winterhoek het op 16 Maart 2026 vir ds JC Els van die NG Kerk Suikerbos as predikant van die gemeente beroep. (Nidene Ferreira, skriba/kassier, 17.03.2026).
OOSTELIKE
AANVAAR
Prop Ilsé-Mari Coetzee het die beroep aanvaar na NG Gemeente Pretoria-Garsfontein. Sy sal bevestig word in die amp as leraar van die gemeente op 12 April 2026 om 09:00 deur ds Hardus van Niekerk. (Ronnie Stanton, bedryfsbestuurder: NG Gemeente Pretoria-Garsfontein, 24.03.2026).
BEVESTIGING
Hierdie skrywe dien om u in kennis te stel van die bevestiging van prop Angie Deiner asook prop Mart Leonard, wat sal plaasvind op Sondag 19 April 2026 te NG Gemeente Middelburg-Suid om 08:30. (Jeannie Hattingh, skriba: NG Gemeente Middelburg-Suid, 26.03.2026).
- Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.
