Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 3 April 2026)

BEROEP

Ds M (Monozel) Els van Drie Riviere na Uitenhage-De Mist.

AANVAAR

Prof J (Juanita) Meyer as diensleraar na Waterbron; prop D (Donovan) Weber as diensleraar na Greytown.

OOS-KAAPLAND

BEROEP

Ons gee hiermee kennis dat ds Monozel Els van die NG Gemeente Drie Riviere beroep is na NG Kerk Uitenhage-De Mist. (Danita Faasen, skriba/kassier: NG Kerk Uitenhage-De Mist, 01.04.2026).

KWAZULU-NATAL

BEVESTIGING

Hiermee bevestig ek dat proponent Donovan Weber die beroep as hulpleraar aanvaar het, na Greytown-gemeente in KZN. Sy bevestiging en intreepreek is op Sondag 7 Junie 2026. (Alet van der Merwe, gemeentebestuurder: NG Gemeente Greytown, 29.03.2026).

VRYSTAAT

BEVESTIGING

Prof Juanita Meyer se bevestiging met handoplegging deur prof Kobus Schoeman, vind plaas op 12 April 2026 om 09:30 by die NG Gemeente Waterbron, Vergezochtweg, Bainsvlei. (Hermuné Olckers, skriba: NG Kerk Waterbron, 27.03.2026).

  • Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top