Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Algemene Sinode NG Kerk: Administratiewe assistent

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Doel van die pos

Die Algemene Sinode het tans ’n vakature (permanente posisie) vir ’n administratiewe assistent. Die suksesvolle kandidaat sal ’n omvattende ondersteuningsdiens aan die kantoor van die Algemene Sinode bied.

Sleutelverantwoordelikhede:

  • Ontvangs en kliëntediens:
  • Verwelkom en ontvang besoekers op ’n vriendelike en professionele wyse.
  • Hanteer inkomende en uitgaande telefoonoproepe.
  • Bestuur die ontvangsarea en verseker ’n netjiese en professionele omgewing (netheid van kantore / konferensiegeriewe).
  • Hanteer algemene navrae en verwys besoekers na die toepaslike persone.
  • Bestuur inkomende en uitgaande pakkies en koerierdienste.
  • Logistieke reëlings en vergaderings

Ondersteuning met:

  • Reël van vergaderings, gereedmaak van lokale, spyseniering.
  • Reis- en verblyfreëlings.
  • Opvolg van kommunikasie rakende vergaderings via e-pos en WhatsApp.
  • Administrasie van dagboeke en kalenders (Outlook).
  • Bestuur verhuring van vergaderlokale.
  • Reël van dienste bv lugversorgers, brandblussers, fotostaatmasjien ens.
  • Jaarlikse inventaris.
  • Koördinering van aankoop van kantoorbenodigdhede en skryfbehoeftes en bestuur van voorraadvlakke.
  • Drukwerk, liassering en argivering:
  • Voorbereiding, saamstel en bind van dokumente (agendas, notules ens).
  • Liassering van taakspanverslae, agendas en notules.
  • Plaas relevante dokumente in die argieffasiliteit.

Ondersteuning ten opsigte van databasis en inligting, byvoorbeeld:

  • Opvolg en instandhouding van die kerklike databasis (bv Kerkjaarboek).
  • Ondersteuning mbt administrasie van kerklike navorsingsprojekte.
  • Opvolg van kommunikasie met gemeentes.
  • Algemene administratiewe ondersteuning aan die Algemene Sinodale kantoor.

Persoonsvereistes

  • Minimum matriek (relevante kwalifikasie en/of bewese toepaslike ervaring sal in kandidaat se guns tel).
  • Rekenaarvaardig (Word, Excel, PowerPoint, Outlook, ens).
  • Goeie begrip van en/of ervaring in kerklike omgewing en konteks sal gunstig wees.
  • Vermoë om met groot spanne te kan saamwerk – met ’n begrip van sisteme.
  • Vermoë om selfstandig te werk.
  • Goeie kommunikasievaardighede in beide Afrikaans en Engels.

Werksure en standplaas

Maandag tot Vrydag 07:00 tot 15:00.

Algemene Sinodale kantoor, Klipkerk kerkkompleks, h/v Pretorius en Jan Shobastraat, Hatfield, Pretoria

Vergoeding

’n Allesomvattende totale koste van indiensneming (TKVI) pakket wat gebaseer is op tipiese kerklike / nie-winsgewende organisasies se vergoedingstrukture, sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

Aansoekproses

Belangstellendes kan hulle CV en ’n kort motiveringsbrief stuur na dewyku@ngkerk.org.za

Aansoeke sluit op 30 April 2026 om 13:00. Diensaanvaarding: 1 Junie 2026.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top