Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Deeltydse leraar (Vastetermynpos vir drie jaar)
In biddende afhanklikheid stel die kerkraad bogenoemde vakature bekend en nooi gekwalifiseerde persone, wat daartoe geroepe voel, uit om aansoek te doen.
GEMEENTEPROFIEL
NG Kerk Unitaspark is ’n warm, gasvrye, hegte, en Skrifgetroue geloofsgemeenskap waar die eer van God en die Woord sentraal staan in verkondiging en bediening. Die kerk is geleë in die noordwestelike gedeelte van Vereeniging. Op 11 Junie 2023 het NG Kerk Unitaspark hulle 50-jarige bestaan gevier. Op 17 Junie 1973 het NG Unitaspark amptelik afgestig vanaf Herman Steyn-gemeente. Die ingebruikneming van die kerkgebou was in 1976.
Die gemeente is lid van die Ring van Vereeniging. Van die grootste gebeure was waarskynlik die ontwikkeling van ’n aftree-oord langs die kerk (Unitaspark-oord), en die feit dat die twee gemeentes, Herman Steyn en Unitaspark, op 1 Maart 2018 weer een geword het. Die jaarlikse basaar wat einde van Oktober plaasvind, is ook altyd ’n belangrike gebeurtenis.
Die gemeente bestaan uit 256 belydende en 38 dooplidmate. Die meerderheid lidmate is tans oorwegend ouer as 55 jaar.
LERAARSPROFIEL EN VERANTWOORDELIKHEDE
Gelegitimeerde leraar in die NG Kerk. Bedieningspligte soos uiteengesit in Artikel 9 van die Kerkorde met die klem en fokus op:
- Suiwere, duidelike en toepaslike verkondiging van die Woord in eredienste, kategese en ander geloofsvormingsruimtes sodat medegelowiges opgebou kan word in hulle persoonlike verhouding met die Here.
- Bediening van sakramente volgens die kerkorde van die NG Kerk.
- Huis-, hospitaal- en siekebesoeke volgens behoefte, berading, bemoediging en geestelike begeleiding van lidmate.
- Kerkraad, dienswerkers, kategete en ander leiers toerus vir hulle taak om die gemeente as liggaam van Christus geestelik op te bou.
- Bybelstudie, dissipelskap, omgeegroepe en ander vorme van geloofstoerusting op ’n relevante wyse te kan aanbied en leiding te neem.
- Deelname aan kerkraadsvergaderings, rings- en sinodale strukture en tersaaklike administratiewe verantwoordelikhede.
- Betrokke te wees by die operasionele dag-tot-dag bestuur van kerkaangeleenthede.
- Moet gemaklik oud en jonk kan bedien en oor goeie menseverhoudings beskik.
- Gemaklik wees met die gebruik van digitale en moderne media in die bediening.
- Moet oor sterk kommunikasie- en leierskapvaardighede beskik om die gemeente in geloof, hoop, liefde en entoesiasme te begelei.
- Samewerking in spanverband met spesifieke verwysing na die kerkraad en die verskillende bedieninge in die gemeente.
- Verskille en konflik kan hanteer met openheid en integriteit.
- Inisiatiewe wat tot gemeentegroei sal lei inisieer.
VERGOEDING
Die vergoeding sal bepaal word deur die gemeente se finansiële vermoë op ’n TKVI basis van R400 000 per jaar, wat saam met die diensvoorwaardes en pligte onderhandel sal word en jaarliks hersien sal word.
Ons gemeente beskik oor ’n ruim en gerieflike pastorie binne die kerkgronde met vier slaapkamers, twee badkamers en ’n dubbelmotorhuis.
AANSOEKE
Aansoeke, wat ’n CV en minstens drie verwysings insluit, moet gestuur word na:
ngunitaspark@telkomsa.net en moet ons bereik voor 30 Junie 2026, wanneer aansoeke sluit. ’n Kort motiveringsbrief waarom u meen dat u die suksesvolle kandidaat behoort te wees.
- Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n persoonlike onderhoud en ’n moontlike preekbeurt.
- Diensaanvaarding: 1 Oktober 2026.
- Almal wat aansoek doen, sal in kennis gestel word van die uitslag.
- Enige navrae kan gerig word aan die voorsitter van die beroepingskommissie, Daan Stander, per e-pos: daan.vaaldvdprod@yahoo.com of sel: 083 304 7502.
