Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraar – permanente pos
Hier is ’n ideale pos vir ’n predikant wat nog altyd gehunker het na die rustigheid, veiligheid en skoonheid van die Karoo.
Die aangename, vriendelike en gasvrye mense maak van Fraserburg ’n tuiste.
Ons glo dat die Hemelse Vader dit op die ideale predikant vir ons gemeente se hart sal druk om vir hierdie pos aansoek te doen.
Gemeenteprofiel:
Fraserburg is ’n plattelandse Karoo-gemeente met ongeveer 240 lidmate.
Die gemeente bestaan al vanaf 1851 (vanjaar 175 jaar oud) en was deur die jare kenmerkend getuienisgeoriënteerd. Hier is ’n goeie balans tussen senior lidmate en jonger lidmate. Die jonger lidmate is baie betrokke by die gemeente. Die kerkraad bestaan 90% uit jonger lidmate en daar is ’n baie sterk jeugbediening. Die betrokkenheid van die jonger lidmate het ’n vernuwende en energieke uitwerking op die gemeente.
Posprofiel:
Ons verlang na ’n meelewende geestelike leier wat met Artikel 9 van die Kerkorde as riglyn die gemeente kan opbou met die hulp van die Here om meer en meer sy roeping plaaslik en na buite uit te leef. Kleingroepbediening, huisbesoek en pastorale versorging moet voorrang geniet.
Vergoeding:
Maksimum R450 000 (Cost to company).
Byvoordele:
- Gemeentevoertuig word voorsien vir amptelike werk.
- Pastorie met drie slaapkamers en gastesuite.
- Volledige sonkragstelsel gerugsteun deur Eskomkrag.
- Gratis Wifi by die pastorie en kerk.
- Skootrekenaar.
- Geen munisipale kostes nie.
Ons bede is dat alle leraars wat aangespreek is deur hierdie pos, die vrymoedigheid sal neem om ons te kontak.
Navrae:
Skriba, Mariet van Wyk 083 556 9398.
E-pos: ngkfraserburg@breede.co.za
Hoofouderling, Pieter le Roux 023 741 8855 (na ure) of 082 390 6699.
E-pos: eselfontein1@gmail.com
Aansoeke:
Stuur ’n CV wat ’n bondige weergawe van jou roepingsverhaal, jou gawes en persoonlike besonderhede insluit na: ngkfraserburg@breede.co.za
Gee ook die kontakbesonderhede van drie referente.
Sluitingsdatum: 15 Julie 2026.
Moontlike diensaanvaarding: 1 Oktober 2026.
