Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse onbepaalde leraarspos
Ingevolge die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk stel die kerkraad van NG Gemeente Rustenburg-Suid hiermee ’n vakature vir ’n voltydse, onbepaalde predikant bekend en nooi gelegitimeerde predikante van die NG Kerk, met ampsbevoegdheid, om hulle beskikbaarheid vir die beroep aan te dui.
GEMEENTEPROFIEL
NG Gemeente Rustenburg-Suid beskik oor ’n vakature vir ’n leraar om by ons aan te sluit in Rustenburg. Die gemeenteraad nooi hiermee kwalifiserende belangstellende kandidate uit om vir hierdie wonderlike geleentheid aansoek te doen.
“Jesus leef en ons met Hom” is die roeping waarop die gemeente al ons werksaamhede bou. Ons is ’n enkelleraargemeente en is op soek na ’n persoon met die roeping om ’n pad mee saam te stap vir wie God, die gemeente en gemeenskap ’n prioriteit is.
NG Gemeente Rustenburg-Suid is een van vier gemeentes geleë in Rustenburg, omring deur berge binne ’n produktiewe mynbou-omgewing. Ons werk in ’n gesonde verhouding saam met die ander NG gemeentes op ons dorp wat die gemeenskap verder versterk. Rustenburg is ongeveer 100 km vanaf Pretoria en beskik oor uitstekende laer- en hoërskole. Die gemeente beskik oor goeie infrastruktuur wat aangewend word in die verkondiging van die Woord.
NG Gemeente Rustenburg-Suid is ’n familiegesentreerde gemeente, wat mekaar dra en ondersteun. ’n Biddende en gestuurde gemeente.
LERAARSPROFIEL
Daar is ’n besondere behoefte aan:
- Skrifgetroue prediking.
- Berading.
- Pastorale sorg.
- Geestelike leiding.
- Gemeente-opbou binne ’n uitdagende sosio-ekonomiese konteks.
- Tegnologiese vaardigheid.
VERGOEDINGSPAKKET
Die pos is onderhandelbaar volgens kerklike riglyne. ’n Pakket in lyn met sinodale riglyne word aangebied. ’n Pastorie is beskikbaar.
AANSOEKE
Belangstellendes word versoek om die volgende elektronies aan te stuur:
’n Samevattende CV (maksimum drie A4-bladsye) met drie verwysings (vorige medeleraar en kerkraadslede).
’n Onlangse kleurfoto van die kandidaat of, indien getroud, verkieslik ’n gesinsfoto.
Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt.
SLUITINGSDATUM: 12 Julie 2026.
AANSOEKE EN NAVRAE KAN GERIG WORD AAN:
Driaan Britz – 083 232 4706 e-posadres: driaan@eeworks.org
Die datum van diensaanvaarding sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.
Deur die indiening van ’n CV, gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing, deur gemeente Rustenburg-Suid gebruik kan word vir die keuringsproses.
Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
