Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Onrusrivier: Derde voltydse leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Derde voltydse leraarspos

Ons almal saam in diens van Jesus Christus oral, altyd en in alles.

Sluitingsdatum: 21 Junie 2026.

Die NG Gemeente Onrusrivier is op soek na ’n voltydse leraar tussen 40 en 50 jaar oud met bewese ervaring en ’n goeie diensrekord binne ’n NG Kerk-gemeente.

Die ideale kandidaat is ’n multidimensionele bedienaar wat spangeoriënteerd, vooruitdenkend en prakties betrokke is. Die persoon moet gemaklik kan funksioneer binne verskeie fasette van die gemeentebediening.

’n Kernvereiste is ’n sterk pastorale fokus, met besondere aandag aan die bediening van bejaardes. Die kandidaat moet ’n mensemens wees met goeie kommunikasievaardighede en die vermoë om betekenisvolle verhoudings te bou.

Indien bogenoemde u karakter, persoonlikheid en ervaring weerspieël, is u welkom om aansoek te doen.

Volledige posbeskrywing is beskikbaar by die kerkkantoor: info@ngkonrusrivier.co.za

Diensaanvaarding: 1 November 2026 (nie later as 1 Jan 2027 nie).

Navrae: Mnr Ingo Talke – (DVK-voorsitter) – 082 374 4149.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top