Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Uitenhage-Noord: Predikant (onbepaalde termyn)

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature: Predikant (onbepaalde termyn)

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Julie 2026.

Die NG Gemeente Uitenhage-Noord, ’n voorstedelike gemeente in Kariega, Nelson Mandelabaai, nooi gelegitimeerdes van die NG Kerk om aansoek te doen vir ’n voltydse, onbepaalde termynpos. Ons leraar emeriteer in Februarie 2027. Ons vertrou dat die Here iemand sal stuur om voort te bou op ons geestelike reis met die Here.

Gemeenteprofiel

Uitenhage-Noord fokus daarop om Jesus in die praktiese lewe van elke dag te volg. Die gemeente funksioneer as ’n oop tafel van genade, liefde, aanvaarding en gehoorsaamheid waarby almal welkom is. Jong ouers en kinders is vir ons belangrik en ’n integrale deel van ons gemeente.

Eredienste is die hartklop van ons gemeente. Daarom word dit gekenmerk deur gasvryheid, verskillende bedieningspanne wat saam met die leraar verantwoordelikheid neem en ’n belewenis van die Here se lewende teenwoordigheid.

Posvereistes

Ons verwag nie ’n volmaakte mens wat alles alleen moet dra nie. Ons soek ’n geroepe, leerbare en egte leraar wat saam met ons kan groei, luister, dien en leiding gee.

Ons soek ’n leraar wat:

  • Self ’n lewende verhouding met die Here het en God se wil soek.
  • Met waardering aansluit by God se verhaal met Uitenhage-Noord.
  • Van nature ’n spanspeler is.
  • Mense help om tuis te voel en verder in hulle geloof te groei.
  • Die Woord helder en inspirerend kan verkondig.
  • Kinders, jeug en gesinne as ’n belangrike deel van die gemeente se roeping sien.

Ons is opgewonde oor die toekoms en sien groei as deel van ons roeping.

Die pligte behels Artikel 9 van die Kerkorde soos ooreengekom met die gemeenteraad.

Vergoeding

Die vergoeding is onderhandelbaar binne die sinodale riglyne en sluit gratis huisvesting in ’n pastorie, ’n reistoelaag en die ander vereiste byvoordele in. Die vergoeding kan binne die raamwerk van die wet gestruktureer word om aan die posbekleër se behoeftes te voldoen.

Aansoek

Aansoeke bestaan uit ’n dekbrief wat motiveer waarom jy jouself binne hierdie pos by Uitenhage-Noord sien en ’n CV met die name van drie referente.

E-pos jou aansoek aan noord@ngkok.co.za.

Aansoekers moet beskikbaar wees vir evaluering.

Navrae

Voorsitter: Ds Tobie van Schoor, 079 877 8852, 2bvanschoor@gmail.com

Saakgelastigde: Me Rina Wait, 082 712 1641, noord@ngkok.co.za

Die gemeenteraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top