Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Predikant in sinodale diens (PSD) Bedieningsbegeleiding
Voltydse senior leierskapspos
’n Dinamiese en strategiese leier word gesoek om as PSD van Bedieningsbegeleiding te dien. Hierdie pos bied die geleentheid om ’n betekenisvolle rol te speel in die begeleiding, strukturele en pastorale ondersteuning van leierskap, gemeentes en ringe.
Die suksesvolle kandidaat sal ’n bewese vermoë hê om visie in werklikheid om te skakel en ’n passie dra vir die opbou van die kerk van Christus.
STRATEGIESE FOKUSSEGMENTE
- Leierskap:
Begeleiding, ondersteuning en voortgesette ontwikkeling van die gemeentelike leierskap met ’n besondere fokus op die leraars: hulle roeping – pastoraal, professioneel en persoonlik.
- Gemeentes:
Strategiese begeleiding aan gemeentes om ’n gesonde, missionale en volhoubare bediening te bevorder.
- Ringe:
Samewerking met ringe om die kerkverband en gemeentes te versterk, onderlinge bystand te bevorder en ’n gemeenskaplike visie te verwesenlik.
SLEUTELVERANTWOORDELIKHEDE
- Ontwikkel en implementeer ’n koherente strategie vir bedieningsbegeleiding.
- Begelei en mentor leraars in verskillende lewens- en bedieningsfases.
- Ontwikkeling van leierskap op ring- en gemeentevlak.
- Bou netwerke van ondersteuning en samewerking tussen gemeentes en ringe.
- Identifiseer en ontwikkel hulpbronne, programme en instrumente vir bedieningseffektiwiteit.
- Dien as verbindingspersoon tussen sinodale strukture en die gemeente.
VEREISTES
- Relevante tersiêre kwalifikasie in teologie.
- Gelegitimeerde leraar met volle bevoegdheid.
- Bewese rekord van suksesvolle begeleiding, mentorskap en opleiding van leiers.
- Sterk interpersoonlike vaardighede met pastorale sensitiwiteit en die vermoë om vertrouensverhoudings te bou.
- Uitstekende kommunikasie-, organisatoriese en administratiewe vaardighede.
- Vermoë om onafhanklik en as deel van ’n span te werk, met sterk besluitnemingsvermoё.
- Bereidheid om te reis en betrokke te wees by verskillende geografiese kontekste.
Sluitingsdatum: 12 Junie 2026.
Diensaanvaardingsdatum: 1 September 2026 of soos onderhandel.
Navrae: Ds Christo Nel by 076 943 2006 of soekie@lantic.net
Aansoeke: Stuur ’n volledige CV en dekbrief met persoonlike bedieningsfilosofie en motiveringsrede vir die posaansoek na:
Mnr Adriaan de Ruiter by reken@ngkvs.co.za (vermeld “PSD: Bedieningsbegeleiding” in die onderwerpreёl). Slegs kortlyskandidate sal gekontak word.
Die NG Kerk Vrystaat behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
