Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

FEBA Radio SA: Digitale bemarker

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Digitale bemarker

FEBA Radio SA in Pretoria het ’n kantoorvakature vir ’n gekwalifiseerde digitale bemarker.

Tegniese vaardighede

  1. Verdere ontwikkeling van digitale bemarkingsdepartement van FEBA Radio SA.
  2. Vaardighede: sosiale media- en digitale bemarking, SEO, SEM, Google-advertensies en advertensieveldtogte.
  3. Adobe suite, ens: grafiese ontwerp, uitleg van gedrukte materiaal, opname en videoredigering.
  4. Skep en redigering van kort videogrepe vir advertensie en ander doeleindes. Kennis van ontwikkeling van podcasts, ens sal sterk aanbeveling wees.
  5. Grafiese ontwerp vir alle FEBA-publikasies, insluitend alle soorte e-posse en artikels.
  6. Algemene ervaring van webontwerp – genoeg om bestemmingsbladsye (landingpages, ens) te ontwerp en te publiseer.
  7. Skepping van infografika.
  8. Gebruik van Google analises en ander analitiese platforms om effektiwiteit te verhoog.
  9. Ervaring van die stuur van bulk e-posse en – sms’e.
  10. Vlot in Afr en Eng.

 Persoonlike kwaliteite

  1. Relevante mediakwalifikasies – B graad of sertifikaat/diploma.
  2. Bewese ervaring in bg take.
  3. Goeie gesondheid.
  4. Goeie bestuurs- en beplanningsvaardighede, selfgemotiveerd.
  5. Uitstekende interpersoonlike vaardighede en goeie spanspeler met positiewe energie en houding.
  6. Help met enige take soos nodig in spanverband.
  7. Moet ’n aktiewe Christen wees verbonde aan gemeente met ’n passie vir evangelisasie en die werk van God se koninkryk.
  8. Salaris bepaal deur aansoeker se kwalifikasies en ondervinding.

Diensaanvaarding: Onmiddelik.

Sluitingsdatum: 15 Julie 2026.

CV na: jvermeulen@febaradio.co.za, en verdere inligting by www.febaradio.co.za

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top