Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Leraar en Leier vir Familiebediening
Bou saam aan ’n geloofstuiste vir families
Helderberg Gemeente leef met ’n passie vir God en ’n hart vir mense en ’n wêreld in nood. Ons is op soek na ’n dienende leier om eienaarskap te neem van ons familiebediening — ’n brugbouer wat die hartklop van jonger generasies verstaan en hulle met hoop en praktiese ondersteuning bedien.
| Vertroue | Leerbaarheid | Deernis | Gasvryheid |
Ons konteks
- Groot, diverse gemeente.
- ±5 000 belydende lidmate en ±2 000 dooplidmate.
- Verskeidenheid eredienste op ’n Sondag.
- Bediening oor generasies heen.
Wat maak hierdie roeping besonders?
- Jy werk in ’n sterk spanomgewing
- Jy help bou aan geloof, behoort en hoop
Wie ons soek
- ’n Gelegitimeerde persoon binne die NG Kerk of VGKSA.
- Goeie prediking- en kommunikasievaardighede.
- Ervaring met jeug, jongmense en families.
- Vermoë om relevant en lewegewend met jonger generasies te kommunikeer.
- Begrip van digitale bediening en moderne kommunikasie.
- ’n Spanmens met emosionele volwassenheid en integriteit
Die hart van die rol
- Lei en ontwikkel familiebediening
- Bou brûe tussen kerk, huis en gemeenskap
- Toerusting van ouers, leiers en vrywilligers
- Skep ruimtes van behoort, groei en hoop
Roer hierdie roeping iets in jou?
Stuur jou CV en aansoek aan: lize@nghelder.co.za
CV moet insluit:
- Skakel na jou onlangse digitale preek.
- Bondige beskrywing van jou roepingsverklaring.
- Besonderhede van drie referente.
- Enige verdere dokumentasie.
Sluitingsdatum: 18 Augustus 2026.
Navrae: Lize van Wyk by 021 851 5582 of lize@nghelder.co.za
Volledige posbeskrywing op aanvraag beskikbaar.
