Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Op Dinsdagoggend 7 Julie het Vossie Botha, Willie Cilliers en Marie Collins saam met nog inwoners van ’n ouetehuis in Pretoria toebroodjies gemaak vir immigrante wat by ambassades in die stad wag op busse om die land te verlaat. Greta van Rensburg, bestuurder by Huis Piek, vertel meer oor hierdie inisiatief in samewerking met die NG Kerk Waterkloof. Foto’s: Verskaf

Uitreik na immigrante in nood | Huis Piek se inwoners wys liefde met grondboontjiebotter en konfyt

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Greta van Rensburg, bestuurder by Huis Piek in Pretoria, skryf:

In samewerking met die NG Kerk Waterkloof het ’n paar inwoners op kort kennisgewing saamgekom om toebroodjies vir die ongedokumenteerde werkers te maak wat tans by die ambassades wag vir busse om uit Suid-Afrika uit te kom. ’n Mens kon sien: vir sommige was dit dalk die eerste keer in maande dat hulle broodjies moes smeer, vir ander ’n japtraptaak, maar elke toebroodjie is met dieselfde gesindheid gemaak: om liefde op ’n praktiese manier uit te leef.

Lees ook: Immigrante-protes: Gelowiges praat met nuanse, stilte én met dade

So ’n vreugde … die stories wat om die tafel gedeel is en die wete dat elkeen van ons steeds ’n bydrae kan lewer. Diensbaarheid het nie ’n ouderdomsperk nie.

So ’n vreugde … die stories wat om die tafel gedeel is en die wete dat elkeen van ons steeds ’n bydrae kan lewer. Diensbaarheid het nie ’n ouderdomsperk nie.

Ons leef in ’n tyd waar ouer mense dikwels gedefinieer word deur wat hulle nie meer kan doen nie. Vandag is ons herinner dat ons elkeen steeds ongelooflik baie hét om te gee: tyd, wysheid, deernis, gebed en liefde wat in eenvoudige dade gestalte kry. Spontaan kom die lied uit Lukas 22:19, van Piet Smit by ons op: “U het die brood gebreek … Breek tans die lewensbrood vir my ook, Heer.”

Vir ons inwoners was dit ’n bevestiging dat hulle steeds deel is van God se werk in die wyer wêreld. Wanneer die kerk en ’n tehuis soos Huis Piek só saamwerk, gebeur iets besonders: bejaardes word nie net versorg nie, hulle kry weer die geleentheid om self te dien.

En dalk is dit die mooiste boodskap van alles: God gebruik gewillige hande, of die hande nou jonk is, of ouer. Sy werk gebeur selfs deur iets so eenvoudig soos ’n toebroodjie wat met liefde gemaak is.

  • Die brief is verkort.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top