Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Petrusburg (Vrystaat): Predikant

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature: Predikant

Sluitingsdatum: 15 September 2026.

Agtergrond

Die NG Gemeente te Petrusburg is ’n dienende, biddende gemeente wat in liefde uitreik na die wêreld. Tans bestaan daar ’n vakature vir ’n leraar wat as dienaar van God se Woord sy/haar verantwoordelikhede as leier van die gemeente sal volstaan. U sal bygestaan word deur ’n kerkraad wat goeie spanwerk lewer en bereidwillig is tot diens in die gemeenskap van die gelowiges. Kortlyskandidate sal uitgenooi word tot ’n persoonlike onderhoud.

Ons verwag van die aangewese predikant dat hy/sy die volgende sal doen:

  • Leiding neem met beplanning om kerk te wees in ’n nuwe tyd, sonder om af te wyk van die onbetwyfelbare Woord van God en dus om vernuwend kerk te wees binne ons gereformeerde leerstellinge.
  • Betrokke wees in die daarstel en uitbreiding van barmhartigheids- en gemeenskapsontwikkelingsprojekte wat ten doel het om hoop te bring in Petrusburg.
  • Die implimentering van missionale prosesse sal deel wees van ons verwagtinge.
  • Wesenlike en praktiese samewerking bewerkstellig met alle Christelike denominasies in Petrusburg tot sy eer en tot eenheid in Christus.
  • Dinamiese eredienste hou met getroue Woordverkondiging en toegewyde bediening van die sakramente.
  • Aktief betrokke wees in alle kerklike aktiwiteite.
  • Ringspligte in vennootskap met die Ring van Fauresmith uitvoer.
  • Gereelde huisbesoek doen in die dorpswyke asook die plaaswyke en besondere sorg aan die dag lê met besoeke aan die inwoners van “Ons Woning”, die plaaslike ouetehuis.
  • Siekebesoeke doen in die hospitale in Bloemfontein en Kimberley.
  • Erns maak met kinder- en jeugbediening.

Ons bied die volgende:

’n Vergoedingspakket volgens sinodale riglyne.

Gratis inwoning in ’n ruim pastorie.

Sterk ondersteuning deur die kerkraad en gemeente.

’n Vervoer- en voertuigtoelaag.

Vir verdere inligting kyk gerus na ons Facebookblad, NG Kerk Petrusburg.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top