Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Swakopmund: Jeugwerker

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature: Jeugwerker

Die NG Kerk Swakopmund beskou jeugbediening nie net as ’n blote program nie, maar as ’n roeping om jongmense met die liefde van Christus te bedien, hulle tot geloof te begelei en hulle toe te rus om as disssipels in hulle gesinne, skole en gemeenskap te leef.

Ons droom van ’n bediening waar kinders en tieners veilig kan wees en geestelik groei, waar verhoudings gebou word, geloof prakties geleef word en jongmense ontdek dat hulle deel is van God se groter koninkrykswerk in Swakopmund en daarbuite.

Ons nooi kandidate wat hulleself geroepe voel hiertoe om aansoek te doen vir die pos van jeugwerker, met die volgende kernverantwoordelikhede:

  • Bou van betekenisvolle verhoudings met jongmense, ouers, skole en jeugleiers.
  • Beplan, organiseer en lei jeugbyeenkomste, kampe, uitreike en ander jeugaktiwiteite.
  • Die toerus en mentor van jongmense asook die ontwikkeling van jong leiers.
  • Werk saam met die leraars, ouers en vrywilligers om ’n Bybelgefundeerde en dinamiese jeugbediening te bevorder.

(’n Volledige posbeskrywing is op navraag beskikbaar).

Minimum vereistes:

  • ’n Lewendige geloof, duidelike roeping en verbintenis tot die Here en sy kerk.
  • Tuis in die gereformeerde leer en oortuigings.
  • Toepaslike opleiding en ondervinding waar ’n teologiese kwalifikasie of verwante veld as sterk aanbeveling sal dien.
  • Goed ontwikkelde kommunikasie-, leierskap- en organisatoriese vaardighede.
  • ’n Geldige bestuurslisensie, eie vervoer en bereidheid om saans en naweke te werk.
  • ’n Geldige polisieklaring word vereis.

Voorkeur sal verleen word aan kandidate met musikale aanleg en hulp kan verleen met die ontwikkeling van die gemeente se jeugorkes.

Vir kandidate wat aansoek doen sal Namibiese burgerskap ’n aanbeveling wees.

Aansoeke:

Kandidate word versoek om ’n verkorte CV met toepaslike verwysings en die ter saaklike ondersteunende dokumentasie te rig aan die kerkkantoor by onderstaande adres:

NG Kerk Swakopmund

E-pos: skriba@ngkerkswakopmund.com

Sluitingsdatum: 31 Julie 2026 (12:00).

Laat die kinders na My toe kom … (Markus 10:14).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top