Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Moet ek vir jou iets gee om oor te huil?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Fritz Snyman van Pretoria skryf: “Moet ek vir jou iets gee om oor te huil?” Dit was baiemaal my pa se dreigende woorde as een van ons kinders oor iets sou huil waaroor jy regtig nie behoort te huil nie. Soos dat jy nie jou kos wou eet nie of nog roomys of sweeties wou hê. Ek voel so as ek lees dat daar by die “Moreleta-beraad” voorgestel is dat die kerk “kerklik sal huil” (doleer). Sal huil oor wat? Sal huil omdat die NG Kerk na jare se gesprekke en diep teologiese besinnig besluit het om ‘n konsensus-besluit te neem? Sal huil omdat die kerk, soos die vroeë gelowiges op baie plekke in die Bybel en geskiedenis, besluit het om met verskillende standpunte saam te leef? My magtig! As die kerk dan wil huil is daar tog sekerlik in hierdie land van ons meer relevante, sinvoller, dieper, meer geestelike dinge om oor te huil as oor gelowiges wat lief is vir die Here en erns maak met die Skrif en tog van mekaar verskil? Daar is sekerlik in hierdie land van ons belangriker goed om ons as kerk besig te hou as om “hekwagter” oor die hemelse poorte te probeer speel? Miskien kan ons eerder ‘n beraad hou waar ons “kerklik-huil” oor mense wat dakloos, werkloos, ouerloos, kosloos, uitsigloos, Godloos en hooploos deur die lewe gaan. Is ons steeds te blind om te sien dat die geskiedenis ons leer dat die kerk al te veel in die verlede oor die verkeerde goed “kerklik gehuil” het?

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top