Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die pastoriekat, Lilu, by ds Jampie Nel se skoonseun, Edmund Meyer, se werkstasie. Foto verskaf

Afsondering: Wenke uit dié pastorie

“Wat beplan julle vir lockdown?” Só vra ds Jampie Nel van die NG gemeente Oostersee vroeër die week op Facebook. Jampie vertel wat in die Nel-pastorie tydens die volgende 21 dae van die nasionale staat van inperking beplan word en ons nooi Kerkbode-lesers uit om ook hulle wenke en planne in die kommentaarafdeling onderaan hierdie berig te deel.
Jampie skryf:
1. Ons beplan ’n spring cleaning in herfs. Marius (haar man) ontdek nog die tjeks waarmee ons die ginekoloog, toe ek ons 27-jarige dogter Marelize (nou Meyer) verwag het, betaal het.
2. Ons doen die gewone mindless goed soos flieks kyk, lees, slaap en eet.
3. Maar ons kan nie net mindless dinge doen nie! Ons maak nou tyd om te praat oor die dinge wat jy gewoonlik nie tyd voor het nie, byvoorbeeld wat in die huis heelgemaak of weggegooi moet word.
4. Ons speel gesprekspeletjies.
5. Ons werk aan ’n roetine. Roetine gaan belangrik wees as dit kom by Zoom-vergaderings, want dan moet ons koördineer om in verskillende vertrekke te vergader.

Lees ook: Kan dié kalender jou help?

6. Ons treadmill moet gebruik word – oefening dryf depressie weg.
7. Die grootste ekstrovert word vir inkopies gestuur. Ons seun Pieter gaan gedisinfekteer word van bo tot onder as hy van die winkels terugkeer!
8. Ek doen telefoonhuisbesoek. As ek elke dag 15 mense bel behoort ál die lidmate in Oostersee-gemeente na 21 dae ’n oproep van my te ontvang.
9. As deel van ons daaglikse roetine, wil ons ’n doelbewuste tyd van gebed instel waar ons vir ’n lys mense of gemeenskappe bid.
10. Verantwoordelikheid vra ook dat ’n mens seker maak jou sake is in orde indien daar ’n noodsituasie opduik.
11. Wie kan ons help? Ons is bevoorreg om soms uit te gaan of in ’n koffiewinkel te kuier. Hierdie maand gebruik ons die petrol- en sosiale geld om iemand anders se las te verlig. Wie kan jý help?
12. Ons werk in Lydenstyd deur die Johannesevangelie.
13. Leef doelbewus in dankbaarheid. Pas jou gedagtes en gesprekke op. Romeine 12 help ons hiermee, maar dit is nodig om ’n besluit te neem om daagliks in dankbaarheid te lééf.
“Ons het te midde van ’n krisis- en onseker tyd ’n groot geleentheid om nuut te dink, anders te leef en nader aan die Here te kom. Mag ons met nuwe oë kyk en helder sien,” skryf Jampie.

  • Ds Jampie Nel is predikant van die NG gemeente Oostersee, getroud met prof Marius Nel, professor in Nuwe Testament aan die Universiteit Stellenbosch (US) en hulle seun Pieter is ’n vierdejaar-teologiestudent ook aan die US.
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top