Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Heuwelsig, Bloemfontein

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Medeleraar (Voltyds-onbepaalde pos)
Sluitingsdatum is 30 Junie 2021


1. Gemeenteprofiel:

  • Die visie van die gemeente is: “Lewe tot eer van Christus die Heer!”
  • Die voornemende aansoeker moet kennis neem dat die kerkraad van die gemeente die Belydenis van Belhar aanvaar het en die Algemene Sinode se besluit van 2015 oor selfdegeslagverhoudings onderskryf.
  • NG Heuwelsig het 2 293 lidmate waarvan 500 dooplidmate is. Die lidmate vertoon eintlik ’n goeie verspreiding van alle ouderdomme.
  • Die bediening vind deur bedieningsgroepe plaas, wat fokus op die jeug, families, seniors, uitreik, getuienis en kleingroepe.

2. Leraarsprofiel:

A. Verantwoordelikhede soos uiteengesit in Artikel 9 van die Kerkorde.

B. Die aansoeker moet ook aan die volgende vereistes voldoen:

  • Ouderdom vanaf 35-50 jaar oud.
  • Interpersoonlike vaardighede met inagneming van die uiteenlopende ouderdomsprofiele in die gemeente.
  • Hy/Sy moet goed in ’n span kan funksioneer.
  • Die voornemende leraar sal saam met die huidige leraar die bedieningsfokuspunte volgens gawes onder mekaar verdeel.
  • Dinamiese persoonlikheid om met die veranderende behoeftes en uitdagings van die gemeente en bedieningsmoontlikhede tred te hou.
  • Deursettingsvermoë om in ’n post-Covid kerk alle bedieningsgeleenthede te kan hanteer.

3. Aansoekprosedure:

  • Aansoekers kan ’n CV, maksimum drie bladsye met kontakbesonderhede van ten minste drie referente aan die kerkkantoor stuur. Die sluitingsdatum is 30 Junie 2021.
  • Kandidate moet bereid wees om ’n onderhoud by te woon, indien dit versoek sou word. Die aansoeke moet aan die kantoorhoof, Anmar Potgieter, by admin@ngkerkheuwelsig.co.za gestuur word.

4. Vergoeding:

  • Volgens sinodale riglyne.
  • Behuisingsvoordele sal onderhandel word.

5. Diensaanvaarding: 1 September 2021 of spoedig daarna.

6. Provisio: Die kerkraad behou die reg voor om, sonder opgaaf van rede, nie ’n aanstelling/beroep uit die aansoekers uit te bring nie.

7. Navrae: Die kerkkantoor: 051 436 1967, e-pos: admin@ngkerkheuwelsig.co.za

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top