Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Planne uit Gqeberha

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

AE (Elsa) van Rooyen van Gqerberha skryf:

Die berig Dominee (38) ‘weggeruk in fleur van haar lewe’ oor die dood van ds Liezel de Jager verwys.

Solank ons land aan die misdadiger behoort, sal dit so gaan en geen politieke party kan dit beheer nie, veral solank as wat werkloosheid hoogty vier. Wat doen ons kerk daaromtrent?

Behoort ons nie ’n netwerk van kundigheid saam te stel nie waar werkloses geleer word:

  1. om vragmotors te bestuur en uit te passeer?
  2. om die gebruik van ’n rekenaar tot op ’n sekere vlak aan te leer en ’n sertifikaat te verwerf?
  3. om naaldwerk te doen en hoe om met industriële masjiene te werk en ’n sertifikaat te verwerf?
  4. om akademies te kan skryf: Hoe skryf en bewoord jy ’n brief in Engels en in Afrikaans?
  5. om ’n basiese verplegingskursus te deurloop ten einde ’n versorger te word?

Baie geld gaan uit ons land uit vir sendingwerk in baie lande. Ek beweer nie dit is onnodig nie, maar Suid-Afrika sit op ’n sendingveld. Behoort ons nie vir onsself ’n tydraamwerk te gee en te begin om die talente en vermoëns onder ons Afrikagenote te ontwikkel nie?

In Gqeberha het ons:

Mense skryf in teen ’n nominale fooi. Ons vind baie kandidate weet van hierdie opleidingsentrums, maar nie genoeg om in te skryf om ’n vaardigheid aan te leer nie. Baie van hierdie mense werk in ons huise en tuine oor die lengte en breedte van ons land. As ons net ’n bietjie kan aanpor en inligting versamel wat op u werker van toepassing sal wees, sal dit baie help. Ons moet iewers begin om werk te skep om ons land van totale ondergang te red.

’n Ander faktor wat ’n groot rol speel, is die feit dat geld vir vervoer ontbreek. Oral is die informele behuising op die rand van ’n dorp of stad geleë. Jy kan slegs met ’n taxi kom waar jy moet wees. Dit is hier waar ons ’n groot rol kan speel om skakelwerk tussen ’n potensiële kandidaat en die instansie te doen met inbegrip van kursusse, kostes, tydsduur, ligging, wanneer die instelling in Januarie open, en wanneer u al die feite het, kan u vir hom/haar as ’n gebaar van waardering die eerste dag se taxi-geld skenk. Hierdie persoon wat u wil help, moet intussen geld vir homself/haarself genereer, want nêrens word opleiding of vervoer gratis aangebied nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top