Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Een evangelie van eenheid

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ds Willem-Henri den Hartog van Blantyre skryf:

Henrietta Klaassing sê in die laaste Kerkbode dat ons getrou moet wees aan die ware evangelie. Volgens haar bestaan hierdie ware evangelie daarin dat ’n sondige mens deur Jesus verlos word. Sy stel haar interpretasie van die evangelie teen ’n postmoderne interpretasie van die evangelie wat sou bestaan uit liefdadigheid en sosiale geregtigheid. Is dit ’n Bybelse teenstrydigheid? Nee, dit is ’n teenstrydigheid wat in die negentiende eeu deur die Amerikaanse Evangelicals uitgedink is in reaksie op die sogenaamde “Social Gospel”.

Wanneer ons die Evangelie van Matteus lees sien ons dat die Here Jesus ons roep om ons naaste lief te hê (22:39), om sosiale geregtigheid te doen (25:40) en dat Hy versoening doen vir ons sonde (27:51) om ’n plek vir ons voor te berei in die hemel. In dieselfde negentiende eeu het ’n herlewing in Nederland en Switserland plaasgevind met die naam “Het Reveil”. Versoening, liefdadigheid en sosiale geregtigheid het daar hand aan hand gegaan. Kom ons bid vir so ’n herlewing in die NG Kerk. Myns insiens is ’n herlewing die enigste uitweg uit die huidige impasse in hierdie pragtige kerkverband.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top