Heléne Meissenheimer gesels oor die dag se gebeure by die Algemene Sinode in Boksburg – waaronder die verkiesing van ds Jan Lubbe as moderator van die NG Kerk.
[youtube https://www.youtube.com/watch?v=gRPkQzZXFZE?si=d6R-W7i5RV0q3gJJ]
Sy vertel vir die radiojoernalis Lizelle de Bruin van Binnekamer ook van twee dominees wat Sondagaand só lekker saam na die Springbokke se naelbyt-wedstryd gekyk het dat dit hulle gehelp het om ook oor hulle teologiese verskille te kan praat.
Hoor ook van ’n 72-jarige ouderling wat die jeug lei in sy gemeente wat al 10 jaar nie ’n eie predikant kan bekostig nie.
Hou gerus Kerkbode elke aand dié tyd (tot Donderdag) dop vir meer sulke video-stories.
Geborg
