Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Elders gesien: Wat kan gemeentes nou prakties rondom die komende verkiesing doen?

Dr Gustav Claassen, uittrede algemene sekretaris, gee die volgende wenke:

  • Kweek bewustheid dat dit belangrik is om te gaan stem. Dit is ons roeping, veral in die lig van die profetiese verantwoordelikheid wat gelowiges volgens die Bybel het
  • Benadruk teenoor jongmense hoe belangrik hulle kruisie is – die meeste van die 50% stemgeregtigdes wat nie in 2019 gestem het nie was onder 35 jaar oud
  • Verleen fisiese hulp aan kiesers om by die stembus uit te kom – dink aan bejaardes, pensioenarisse en armes
  • Die keuse waar jy jou kruisie gaan trek, moet ‘n waardegedrewe besluit wees, en kan in die prediking beklemtoon word. Die kerk maak of propageer nie partypolitieke keuses nie
  • Voorbidding vir ‘n vry en regverdige verkiesing
  • Moedig lidmate aan om as verkiesingsmonitors op te tree
  • Gemeentes kan hulle fasiliteite aanbied as stemlokale.

Bron: Grens.Pos

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top