Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Rustenburg-Proteapark: Voltydse predikantsposte

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van NG Gemeente Rustenburg-Proteapark stel met opgewondenheid en in biddende afhanklikheid, die volgende twee poste aan gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid bekend.

  1. Leraar met fokus op die jeug.
  2. Senior leraar.

Gemeenteprofiel:

Ons gemeente is geleë in Rustenburg, Noordwes-Provinsie, ongeveer 110 km van Pretoria en 35 km van Pilanesberg. NG Proteapark is ’n gemeente wat saam kuier en streef daarna om water te wees wat lewe gee. Die bedieningsfokus van die gemeente lê by groepe, dissipelskap en geestelike groei van alle lidmate en nie-lidmate en verhoudings bou tot ’n gesonde geloofsgemeenskap.

Leraarsprofiel:

Enige gelegitimeerde leraar van die NG Kerk wat aan die vereistes voldoen, word uitgenooi om biddend aansoek te doen. Die volgende profiel dien as ’n riglyn vir voornemende aansoekers binne die konteks van Artikel 9 met die fokus op:

  • Prediking: Iemand wat ’n suiwer gereformeerde teologie volg en dit entoesiasties en verstaanbaar oordra op ’n wyse wat die daaglikse uitdagings van lidmate aanspreek.
  • Tegnologie: Entoesiasties en ervare is rondom die kreatiewe gebruik van vernuwende tegnologie en sosiale media as bedieningshulpmiddel.
  • Leefstyl: ’n Passievolle en lewende verhouding met God.
  • Visie: Iemand wat vernuwend en toekomsgerig die kerkraad, lidmate en nie-lidmate kan inspireer om NG Proteapark se visie prakties te verwesenlik.
  • Betrokkenheid: Betrokke sal wees by die operasionele dag-tot-dag bestuur van kerkaangeleenthede, insluitend personeelbestuur. (senior leraar).
  • Verhoudings: Die opbou en handhawing van goeie verhoudings met ’n fyn aanvoeling vir die diverse behoeftes en strewes van die volledige spektrum van gemeentelede asook nie-gemeentelede en die groter gemeenskap van Rustenburg.
  • Bedieninge: Fokus op die opbou van die gemeente, betrokkenheid in die gemeenskap en vernuwing van ons bedieninge, veral groepe as deel van Proteapark se visie.
  • Jeugbediening: Fokus op die geestelike behoeftes van ons jeug en vernuwing van ons bestaande bediening wat kategese, kampe, jeugaksies, skole insluit.

Implementering van ’n gesinsbediening in samewerking met die gemeente se jeugwerker.

’n Volledige CV kan per e-pos gestuur na: proteaparkberoep@gmail.com

Sluitingsdatum: 30 April 2024.

Diensaanvaarding: Verkieslik so spoedig moontlik (onderhandelbaar).

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top