Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Prof Sarojini Nadar was die hoofspreker tydens die openingsgeleentheid van die gender-eenheid. Foto: Jacobie M Helena

‘Boom in woud van verandering’ by US

Op 28 Maart 2017 het ’n vars briesie deur die eeue oue gange van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch gewaai.

’n Gender-eenheid, met die doel om die menswaardigheid van álle mense te bevorder, is bekend ge­stel.

Die gender-eenheid, wat deel vorm van die Beyers Naudé-sentrum vir Publieke Teologie, wil die mens­waardigheid van alle mense – ongeag gender, ras, klas, seksuele oriëntasie, huwelikstatus of godsdiens – be­vorder.

Die gender-eenheid sal as ’n stimulerende, interdissiplinêre navorsingseenheid funksioneer wat meesters- en doktorale studies in die kruispunt van gender, teo­logie en gesondheid aanbied.

Prof Sarojini Nadar, van die Desmond Tutu-leerstoel vir ekumeniese teologie en sosiale transformasie by die Universiteit van Wes-Kaapland, het die stigting van die eenheid met die plant van ’n simboliese boom van kennis vergelyk.

“Die eenheid word versterk en geanker met die vroue wat voorheen die waagmoed aan die dag gelê het om die twee f-woorde, faith (geloof) en feminisme, te verbind met die doel om ’n lewe van gelykheid vir almal daar te stel. My hoop is dat hierdie simboliese boom takke van gedekoloniseerde kennis sal voortbring en tot ’n woud van verandering in Afrika sal groei,” het Nadar gesê.

Dr Charlene van der Walt, navorsing- en program-koördineerder van die gender-eenheid, sien die rol van die eenheid om die vertaling te fasiliteer vanuit die konteks van die kreatiewe en dinamiese plek van die Fakulteit Teologie na die werklike realiteit van die samelewing búite die fakulteit.

“Mag die gender-eenheid ’n uitnodiging wees om moeilikheid te maak, te ontwrig en vrae te vra,” het Van der Walt gesê.

Sy het bygevoeg: “Dis jammer daar is só min verteenwoordiging van ons kerkvennote. Dis kerke wat direk inspraak lewer op die manier wat mense dink en doen. Ek droom dat die gender-eenheid die uitnodi­ging, spesifiek vir kerke, sal wees dat meer stemme, meer liggame, meer ondervindinge, meer diversiteit omarm sal word om ’n plek daar te stel waar verskillende kontekste, verskillende beliggaming, verskillende woordeskatte gebruik kan word om die status quo uit te daag.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top